AfriForum het die goedkeuring van 'n wetsontwerp van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se komitee verwelkom wat tot geteikende sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse politici kan lei. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Hersieningswet op Amerikaans-Suid-Afrikaanse Bilaterale Betrekkinge van 2025, wat deur die kongreslid Ronny Jackson ingestel is, is daarop…
Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat 'n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg…
Rugby: Die Wallabie-vleuel Harry Potter het die voormalige Engelse afrigter, Clive Woodward, se kritiek verwerp dat die Wallabies 'n 'verloormentaliteit' het. Woodward, wat as afrigter 'n Wêreldbeker saam met Engeland gewen het, het kaptein Harry Wilson gekritiseer omdat hy die bal uitgeskop het eerder as om 'n troosdrie te probeer…
Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommunikasie owerheid, Cran, sy pogings versterk om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van die Recycle Namibia Forum gesels.
Al nege groenskemas onder die landbouministerie bly volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah operasioneel, met 3 403 hektaar tans onder verbouing om voedselsekerheid te bevorder. Sy sê dat teen Junie 2025 is 9 947 ton mielies, 300 ton aartappels en 39 ton sonneblomme geoes. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie ontvang van…
Reaksie word ontvang op die nuus dat regter Moses Chinhengo uit die Fishrot-korrupsieverhoor onttrek het, met verwysing na persoonlike redes. Dit volg op maande van mislukte onttrekkingspogings van die beskuldigdes. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb het bevestig dat waarnemende regter Marileze du Plessis vanaf 1 Augustus 2025 sal oorneem. Kosmos 94.1 Nuus…
Die PDM dring aan op groter betrokkenheid van vroue, die jeug en minderhede in leierskap voor die komende plaaslike owerhedeverkiesings. Tydens 'n leierskapsopleiding wat in Otjiwarongo gehou is, sê die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, dat partystrukture deelname en diens moet bevorder, en nie eiebelang nie.
Die VF Plus sê hy sal alle pogings ondersteun om die Stad Kaapstad se buitensporige tariefverhogings om te keer. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars het 'n dringende hofaansoek ingedien om drie tariewe tersyde te stel. Dis die skoonmaakkoste en vaste water- en sanitasiekoste, wat aan die waarde van 'n eiendom…
Namibië neem deel aan die 27ste Gewone Vergadering van die SAOG Ministeriële Komitee van die Orgaan oor Politiek, Verdediging en Sekuriteitsamewerking, in Dar es Salaam, Tanzanië. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Handel, Selma Ashipala-Musavyi, lei die afvaardiging, vergesel deur verdedigingminister Frans Kapofi. Ambassadeur Jerobeam Shaanika, adjunk-uitvoerende direkteur in die…
Eskom sê twee kontraktuele geskille met Framatome, die kontrakteur wat die stoomopwekker by die Koeberg-kernkragaanleg moet vervang, word deur prosesse hanteer waarop ooreengekom is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die kragverskaffer opdrag gegee om die Franse kernenergie-maatskappy sowat 1 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal oor die staking van werk in 2022…
Die goewerneur van Zambezi, Dorothy Kabula, het vandag haar streeksrede gelewer. Sy het China se steun vir onderwys in die streek geprys en die voltooiing van twee nuwe skole en akkommodasiefasiliteite uitgelig. Kabula sê die tipe projekte sal verder ontwikkel word.
President Donald Trump sê Amerika het ʼn handelsooreenkoms met Japan bereik en beskryf dit as die grootste ooit. ʼn Tarief van 15-persent sal op Japannese invoere gehef word, wat beter is as die 25-persent wat die president van 1 Augustus af wou instel.
Die herrie het losgebars met die aankoms van die Ondonga koningin-gemaal Adelheid Nangolo, wat ook die beskermheer is van die Mej. Namibië skoonheidskompetisie, en die uitvoerende hoof daarvan, Umbi Karuaihe-Upi, by die kroningsaand op Ongwediva, in ‘n weermag-helikopter. Die verdedigingsministerie sê daar is niks vreemds daaraan nie en sê die…
Die hoë teikens, beperkte tydraamwerk en onvermoë om werklik suksesse in die verlede te bereik met vorige ontwikkelingsplanne, wek kommer oor ND6, veral met werkskepping in vervaardiging wat teen 2030, 70 000 moet bereik. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdaging gesels.
Namibië benodig groter hervormings in kapitaalmobilisering en doeltreffende regeringsbesteding om die land se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker. Die Afrika Ontwikkelingsbank het vandeesweek sy fokusverslag oor Namibië vrygestel en sê hoewel daar tekens van verbetering is, staar die land steeds hoë fiskale risiko’s en strukturele ondoeltreffendhede in die gesig. Kosmos 94.1…
Stad Windhoek sedert 2020 ‘n agterstand van bykans 2,7 miljard Namibiese dollar in die instandhouding van paaie opgebou weens voortdurende onderbefondsing. Daar word beaam dat die stad rondom 384 miljoen dollar jaarliks benodig om sy padnetwerk in stand te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad,…
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het ʼn 2-1-nederlaag teen Nigerië gely by die Afrikabeker-vrouetoernooi in Marokko. Rasheedat Ajibade het in die eerste helfte die Super Falcons met ʼn strafskop ʼn voorsprong gegee. Linda Motlhalo van Suid-Afrika het die telling in die tweede helfte gelykop gemaak, maar Michelle Alozie het in…
Die DA eis dat die hoofsweep van die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, onmiddellik bedank hangende 'n interne ondersoek na bewerings dat hy bande met die stad se konstruksiemafia het. Die party sê Zungu word betrek by die oponthoud met 'n opknappingsprojek van 135 miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n skool. Hy…
23 Jul 3AM
1 min
820 – 840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.