Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
960 – 980

FNB-ekonoom kyk na kredietverleningsyfers

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Paaiemente en verhuring het maand op maand tot 17,1% gestyg, terwyl ander lenings en voorskotte ook groei gesien het as gevolg van die hoë vraag van die energie- en vervaardigingsektore. Kosmos 94.1 Nuus het met…
9 May 12PM 1 min

Nuwe vennootskap sal 12 000 jong sokkerspelers help

Sokker: Die regering van die Wes-Kaap het ’n nuwe vennootskap van stapel gestuur met Safa Kaapstad, MTN Suid-Afrika, en Golden Arrow Busdienste om skolesokker te ondersteun. LUR Ricardo Mackenzie sê meer as 12 000 jong spelers sal maandeliks baat vind by slimkaarte wat voorafgelaai is om geskeduleerde busse te gebruik…
9 May 12PM 1 min

Lefa hoop alle vervoerdienste kom wet na

Vervoerdienste soos Yango, InDrive en Lefa sal na verwagting groot baat vind by die komende Streek 5 Jeugspele, wat vir 4-13 Julie in die hoofstad geskeduleer is, volgens die voorsitter van die plaaslike organiseringskomitee en president van die plaaslike Olimpiese komitee, dr. Ndeulipula Hamutumwa. Hamutumwa sê plaaslike platforms sal 'n…
9 May 11AM 1 min

Valke ondersoek steeds hoogverraad-klagte teen AfriForum, Solidariteit

Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die vier hoogverraad-dossiere waarby AfriForum en Solidariteit betrek word, word steeds ondersoek. Die sake handel oor die beweerde verspreiding van waninligting in Amerika oor Suid-Afrika se Onteieningswet, en bewerings teen president Cyril Ramaphosa en die ANC. AfriForum hou vol dat geen regsgronde…
9 May 11AM 1 min

Stad Windhoek spreek klagtes oor vullisverwydering aan

Inwoners van Havana informele nedersetting het die Stad Windhoek versoek om vullis betyds te verwyder en meer vullishouers of vullisdromme te verskaf. Hulle sê sommige hope vullis word vir meer as 'n maand net so gelos. Die nabygeleë Hakahana het dieselfde klagtes. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya erken dat daar af en…
9 May 11AM 1 min

Vissermanne sit voet neer oor voortslepende kwessies

Sowat 3 000 vissermanne en -vroue in Walvisbaai doen 'n beroep op die Presidensie om dringende kwessies in die visbedryf aan te spreek. Hulle dreig om na Windhoek te stap om hul bekommernisse aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah te oorhandig indien hulle nie reaksie kry nie. Die sekretaris van die Myn-,…
9 May 10AM 1 min

Nashinge nie gelukkig met NV-vorderingsverslag

Tydens ’n sitting van die Nasionale Vergadering het Helaria Mukapuli, die voorsitter van die staande parlementêre komitee oor finansies, die vorderingsverslag oor die stem vir die Nasionale Vergadering en die Nasionale raad voorgelê. Sy het aanbeveel dat die verslag sonder wysigings aanvaar word. Opposisieleier Imms Nashinge sê hy is nie…
9 May 10AM 1 min

Media wil saak van vermiste joernalis regstreeks uitsaai

Die Nasionale Persklub en die Afrika-media- en kommunikasieforum sê hulle is geskok en hartseer oor die dood van die Pretoriase joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Precious Mdhluli. Hulle het in Februarie vermis geraak. Die polisie het Donderdag die oorskot van twee mense by Rust De Winter in…
9 May 9AM 1 min

China-VSA handelsgesprekke kan 'n keerpunt wees

Senior Amerikaanse en Chinese amptenare vergader die naweek in Genève, Switserland, om 'n ontlonting van hul skadelike handelsoorlog te bespreek. President Donald Trump het 'n tarief van ten minste 145-persent op die meeste Chinese invoere geplaas, en China het gereageer met 'n tarief van 125-persent op sommige Amerikaanse invoere. Die…
9 May 8AM 1 min

Voor-vonnisverrigtinge in Joslin Smith-saak uitgestel

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voor-vonnisverrigtinge in die Joslin Smith-verhoor tot die 23ste uitgestel vir verdere raadpleging. Die vermiste dogtertjie se ma, Kelly, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is verlede week skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel nadat die kind verlede jaar uit haar huis in Saldanhabaai verdwyn het…
9 May 8AM 1 min

Nuwe landbouminister maak buiging in NV

Die nuwe landbouminister, Inge Zamwaani, het haar ministerie se begroting, stem 37, in die Nasionale Vergadering gemotiveer. Die ministerie is 2,6 miljard Namibiese dollar toegeken, waarvan 506 miljoen dollar gaan aan landbouprojekte en 2 miljard dollar aan die mediumtermyn-uitgawe raamwerk. Zamwaani het meer.
9 May 8AM 1 min

Zondo twyfel oor Parlement se teenkorrupsie-maatreëls

Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het twyfel uitgespreek oor die Parlement se instel van teenkorrupsie-maatreëls ná die aanbevelings van die staatskapingskommissie. Zondo het tydens die 15de Statebond-streekkonferensie vir hoofde van teenkorrupsie-agentskappe in Afrika gevra of die Parlement hervormings ingestel het om toekomstige korrupsie te voorkom. Hy het die behoefte aan…
9 May 6AM 1 min

Pous Leo XIV se broers gesels met die media

Die verkiesing van Robert Prevost as pous Leo XIV oorheers veral die Amerikaanse nuustoneel omdat hy die eerste Amerikaner is om die amp te beklee. Sy broers het met die media gepraat. Sy broer John sê hy het hom gevra of hy Conclave gekyk het om te weet hoe hy…
9 May 6AM 1 min

BoN se leenstrategie bekend gestel

Die sentrale bank van Namibië het hulle leenstrategie vrygestel. Namibië se leningsvereistes staan op 29,8 miljard Namibiese dollar. Die begrotingstekorte sal volgens verwagtinge vergroot na 12,8 miljard dollar na 'n verwagte 9,8 miljard dollar in die 2024/25 begrotingsjaar. Volgens 'n Cirrus verslag sal plaaslike en internasionale skuld 'n las op…
9 May 6AM 1 min

O&L skaf twee nuwe vliegtuie aan

Die Ohlthaver & List groep het twee nuwe vliegtuie by sy vloot gevoeg om toegang tot sy luukse ontspanningsbestemmings regoor die land te versterk. Die nuwe toevoegings, 'n King Air B350 en 'n Cirrus SR22, sal by die groep se Cirrus SR22 en Beechcraft 1900 aansluit. Die King Air B350…
9 May 6AM 1 min

Ministerie sê oor arbeidsinspeksies

Die arbeidsministerie het in die vorige boekjaar 1 739 werkplekinspeksies oor basiese diensvoorwaardes uitgevoer. Dit het betaling, werksure, verlof, akkommodasie en meer ingesluit. ‘n Totaal van 353 maatskappye, amper een ‘n dag, was in stryd met arbeidswette. Die ministerie se woordvoerder, Maria Hedimbi, het meer.
9 May 6AM 1 min

Besnoeiing aan studentehulp wek kommer

Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê begrotingsbesnoeiings bly ’n bedreiging vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het in hierdie akademiese jaar beduidend minder finansiële ondersteuning aan privaat diensverskaffers gegee vir studentebehuising. Makaneta doen ’n beroep op die regering om voldoende befondsing vir studentebehuising te…
9 May 5AM 1 min

Onbekend wanneer VK, VSA ooreenkoms in werking tree

Die hoofsekretaris vir die Britse Tesourie, Darren Jones, sê daar is nog baie werk om te doen in verband met Amerikaanse tariewe en sektore moet uitgebrei word. Dit kom na ‘n ooreenkoms rakende voertuie en aluminium uitvoere na die VSA.
9 May 5AM 1 min
960 – 980