Elmero gesles met Elandré oor sy splinternuwe enkelsnit, “Somersoet”, wat vandag vrygestel word. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die liedjie, die kreatiewe proses en wat aanhangers kan verwag. Moenie hierdie interessante gesprek en eksklusiewe agter-die-skerms stories misloop nie. Skakel in en ervaar die wêreld van Afrikaanse musiek van…
Jean-Louis gesels met Bernard Zulch, Hoof Finansiële Beampte van Momentum Short-Term Insurance Namibia. Die gesprek fokus op Momentum se betrokkenheid as senior borg by die KykNET Buite Ekspo, in samewerking met die KosMOS Fees 2026.
Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek…
Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation en die belangrike rol wat die organisasie speel om vroue te ondersteun en te bemagtig. Die inisiatief fokus op die bou van selfvertroue, welstand-opleiding en professionele ontwikkeling binne die skoonheids- en welstandbedryf. Deur praktiese geleenthede en ondersteuning help hulle vroue om…
Jean-Louis gesels met Eloff oor sy splinternuwe enkelsnit, “Bietjie Chill”. Hulle praat oor die inspirasie agter die liedjie, die lekker ontspanne vibe daarvan, en hoekom dit die perfekte klankbaan is wanneer vriende net saam wil kuier, lag en ’n bietjie wegbreek van die alledaagse lewe.
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n onderwerp wat uiteindelik by elke man kan voorkom: ’n vergrote prostaat. In hierdie gesprek verduidelik hulle hoekom dit gebeur, watter simptome mans kan ervaar, hoe dit gediagnoseer word, en watter natuurlike opsies daar is om verligting te help bring. Hulle bespreek ook A…
In today’s episode of Maak Spore, Elmero Strauss speaks with Marius van Wyk, a software developer who works daily on the digital solutions that help power our modern world. From ideas to code, they explore a field driven by creativity, problem-solving, and continuous development. Tune in to hear how technology…
Skakel elke Maandag om 16:45 in vir Diere Maniere, ’n interessante en insiggewende gesprek met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het. Van troeteldiere tot wild bespreek ons gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer. Ontdek nuwe insigte en leer meer…
Elmero Strauss gesels met Sanet Prinsloo oor die FNB Windhoek Woordfees wat hierdie naweek plaasvind. Van musiek en stories tot kuns en kultuur – die Woordfees bring kreatiwiteit en inspirasie na Windhoek.
Bobby van Jaarsveld stel sy splinternuwe liedjie “Regte Plekke” bekend. Jean-Louis gesels met Bobby oor die nuwe liedjie, die storie daaragter en wat aanhangers kan verwag. .
Jean-Louis Knouwds gesels met Dawie Roodt oor die moontlike ekonomiese gevolge van die konflik in die Midde-Ooste. Hulle bespreek hoe stygende oliepryse gewone verbruikers kan raak, wat dit vir brandstofkoste kan beteken en of sentrale banke rentekoerse langer hoog sal moet hou. Die gesprek kyk ook na die breër impak…
Ons gesels oor die belangrike verskil tussen angstigheid en paniek, en help jou verstaan wanneer Irma Rescue Panic die regte keuse vir jou kan wees. Ons bespreek praktiese voorbeelde en gee duidelikheid oor hoe om emosionele uitdagings beter te hanteer met die regte ondersteuning. Alles is gereël aan my kant…
Elmero Strauss gesels met Marius du Preez, beter bekend as “The Unhurried Bikepacker” - ’n afgetrede man met ’n buitengewone missie om kilometers te verruil vir hoop. Deur sy liefdadigheidsinisiatief, “Suffer for Joy”, ry hy solo deur Suidelike Afrika om fondse in te samel en bewustheid te skep vir mishandelde…
Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Selby Williams stel sy splinternuwe liedjie, “Fix the Vibe”, bekend en gesels oor sy musikale reis. Selby, wat in Avianpark grootgeword het, het ten spyte van uitdagende omstandighede sy droom nagejaag om nie net ’n verskil in sy gemeenskap te maak nie, maar ook om mense…
Jean-Louis gesels met Anneri Luck, Direkteur van Belasting by PwC, oor die jongste Nasionale Begroting wat deur die Minister van Finansies ter tafel gelê is. Saam ontleed hulle die belangrikste hoogtepunte uit die begroting, bespreek die positiewe aspekte van die toespraak en lig moontlike bekommernisse uit wat belastingbetalers kan raak…
Jean-Louis Knouwds gesels met die bekende ekonoom Dawie Roodt oor groot vrae rondom Bitcoin en kripto-geldeenhede. Wat beteken digitale geld vir die toekoms van finansies? Is kripto ’n revolusie of ’n risiko? En hoe moet beleggers dink oor hierdie vinnig veranderende landskap? ’n Insiggewende en relevante gesprek wat help om…
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber en Melissa Bosch oor ’n onderwerp wat ons almal raak – stres. Of jy nou jonk of oud is, stres beïnvloed elke aspek van ons daaglikse lewe. Hierdie week sluit Melissa Bosch, bemarkingsbestuurder van die Irma’s-reeks, by hom aan in die ateljee om meer te…
JP Nel gesels met Kurt Darren oor sy gewilde musiek en sy opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. Hulle praat oor wat aanhangers kan verwag, die energie van die verhoog en wat hierdie fees so besonders maak. Moenie hierdie onderhoud misloop nie.
In hierdie episode van Diere Maniere gesels ons met Dr. Theuns Laubscher oor die belangrikheid van tandgesondheid by troeteldiere. Ons kyk na algemene tandprobleme by honde en katte, hoe om waarskuwingstekens betyds raak te sien, en watter stappe jy kan neem om jou dier se tande gesond te hou.
Elmero Strauss gesels met Demi Lee Moore oor haar opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. In hierdie onderhoud deel sy meer oor wat agter haar musiek skuil, haar voorbereiding vir die fees en hoe sy beplan om die verhoog behoorlik te laat skitter.
23 Feb 8AM
4 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.