Elmero Strauss gesels met Demi Lee Moore oor haar opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. In hierdie onderhoud deel sy meer oor wat agter haar musiek skuil, haar voorbereiding vir die fees en hoe sy beplan om die verhoog behoorlik te laat skitter.
🔥🎶 KosMOS Fees 2026 is terug – en hierdie jaar is dit groter en beter as ooit! Maak gereed vir ’n naweek vol topklas musiek, ongelooflike lekker vibes en ’n kuier soos net óns dit kan doen. 🙌✨ 📍 Wanderers Sportgronde, Windhoek 📅 24 & 25 April 2026 🎟️ Kaartjies…
Jean-Louis Knouwds gesels met die bekroonde skrywer, skilder en illustreerder Fanie Viljoen van Bloemfontein. As wenner van onder meer die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur en die M.E.R.-prys, het hy hom gevestig as een van die gewildste stemme in Afrikaanse jeuglektuur. In hierdie inspirerende gesprek hoor ons meer oor sy kreatiewe…
Elmero Strauss gesels met Christo Snyman oor Die Broers se splinternuwe treffer, “Pak Jou Tas”. Hulle delf dieper in die betekenis van die lied, wat agter die woorde skuil en waar die oorspronklike idee ontstaan het.
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner…
Stefan Ludik gesels oor sy nuutste vrystelling, “Trou Met My”, en ’n kreatiewe proses wat die musiekbedryf laat kopkrap. Stefan het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat remix en vervaardig. Die resultaat is nou op al die groot musiekplatforms beskikbaar - maar…
Hierdie week kyk ons na ’n vraag wat baie mense besig hou: Is daar werklik ’n produk wat jou liggaam van binne af jonger en gesond kan hou? Ons gesels oor OXIPROVIN, hoe dit werk en wat dit van ander produkte onderskei. Ons bespreek ook waar dit beskikbaar is en…
Wêreld Ietermagô-dag word jaarliks op die derde Saterdag van Februarie gevier om bewustheid te verhoog oor ietermagôs en die ernstige bedreigings wat hulle in die gesig staar – veral stropery en die onwettige wildhandel. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdiere ter wêreld weens die hoë aanvraag na hul skubbe in…
Elmero Strauss gesles met musikant en kitaar-onderwyser Stefan Steyn – ’n naam wat sterk resoneer in Namibië se musiekkringe. Vir baie is hy een van die land se voorste kitaarspelers, maar sy grootste bydrae lê in die spore wat hy in ander se lewens laat deur sy passie vir musiek…
Dr. Theuns Laubscher gesels met Marcel Theron oor wat om te doen wanneer ’n dier moontlik vergiftig is. Hulle bespreek die algemene oorsake van vergiftiging, waarskuwingstekens waarna eienaars moet oplet, en watter onmiddellike stappe geneem moet word om ’n dier se lewe te red. Hierdie gesprek bied noodsaaklike inligting vir…
Van ’n klein dorpie in Suid-Namibië tot die glans van die internasionale Formule 1-verhoog! In hierdie inspirerende episode gesels ons met Heinrich Stasiuk oor sy 10-jaar ooreenkoms met Formula 1 om kos te voorsien by die Heineken F1 Grand Prix in Nevada. Hy berei disse voor vir wêreldsterre soos Lewis…
Jean-Louis Knouwds gesels met Anette Rheeder oor die gewilde Irma Rescue-reeks en hoe hierdie natuurlike produkte ondersteuning kan bied tydens uitdagende tye. Hulle deel waardevolle insigte oor persoonlike ervarings én terugvoer ná die gebruik van Irma Rescue Burnout en Irma Rescue Stress, asook hoe die volledige reeks kan help met…
Elmero Strauss gesels met Hosea Bonzali, ’n talentvolle sanger en kitaarspeler, én die dryfkrag agter ’n musiekskool met meer as ’n honderd studente. Sy passie vir musiek strek verder as die verhoog en leef voort in die lewens wat hy daagliks help vorm deur onderrig en inspirasie.
Vandag maak ons kennis met Alicia Dobson - sangeres en kreatiewe gees wat haarself uitdruk deur musiek, skilder en teken. In haar onderhoud gesels sy oor haar debuutvrystelling, “Blank” Skakel tot haar lied: https://youtu.be/jU-Hf4ISGqk?si=EpAyeqlHXePHLrO2
Hiking for Hope - ’n doelgedrewe staproete waar elke tree hoop bring vir kwesbare kinders. Meer as net ’n staptog: dit is ’n reis van veerkragtigheid, spanwerk en omgee, waar personeel en tieners saam stap om bewusmaking te skep en ’n werklike verskil te maak.
Bitcoin en ander kripto’s het die afgelope week skerp gedaal – maar wat beteken dit regtig vir beleggers? Is kripto nog ’n geloofwaardige langtermyn-belegging, of bly dit ’n hoë-risiko spekulasie?
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy oor Die Voortrekkers. ’n Jeugbeweging wat kinders toerus met kultuur, avontuur en natuur. Van leierskap en diensbaarheid tot ligdraers vir 2026 - ’n gesprek oor hoop, karakter en die toekoms van Namibië se jeug.
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die realiteite van emosionele druk - wanneer jou hart gebreek is, angs jou oorweldig, of stresvlakke deur die dak skiet en dit voel asof die druk nooit gaan eindig nie. In hierdie insiggewende gesprek fokus hulle op Irma’s Rescue, met spesiale aandag aan Heartbreak…
Elmero Strauss gesels met Juffrou Sonja du Plessis, graad R juffrou by Pikkie Paradys, oor die belangrikheid daarvan om kinders vroegtydig gereed te maak vir skool - emosioneel, sosiaal en akademies.
3 Feb 6AM
7 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.