Maak Spore met Rias Oberholzer

Loading player...
Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer, ’n bekende stem in jeug- en gesinsbediening, motiverende gesprekke en geloofsprogramme. Van sy betrokkenheid by die Windhoek Woordfees tot nostalgiese Afrikaanse musiek en diep gesprekke oor gemeenskap en jongmense, deel Rias stories en herinneringe wat harte raak.

Luister saam na ’n inspirerende gesprek oor geloof, musiek, die mense wat ons lewens vorm en die spore wat ons nalaat. Hierdie episode van Maak Spore word moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
20 May 2AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Koos van Zyl se Reis van Musiek, Besigheid en Namibiese Trots

Elmero Strauss gesels met Koos van Zyl – musikant, besigheidseienaar en 'n trotse Namibiër. Hulle gesels oor sy lewensreis, die uitdagings wat hom gevorm het, die passie wat hom dryf en hoe hy deur sy musiek en werk 'n blywende bydrae tot Namibië maak. 'n Inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid…
21 Jul 7AM 7 min

Dusty Dixon Deel die Storie Agter "Waar Jou Skape Wei"

Elmero Strauss gesels met Dusty Dixon oor sy splinternuwe enkelsnit, "Waar Jou Skape Wei". Hulle praat oor die storie agter die lied, waar die inspirasie vandaan gekom het en die boodskap wat hy deur die musiek wil oordra. Dusty deel ook wat hy hoop luisteraars sal ervaar wanneer hulle na…
21 Jul 1AM 6 min

Wêreldbeker 2026: Spanje se Triomf en Engeland se Bronsdrama

Jean-Louis gesels met die Namibiese sokkerspeler, Paulo Coelho, oor die hoogtepunte van die 2026 Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Engeland se opwindende oorwinning oor Frankryk in die bronsmedaljewedstryd, Spanje se geskiedkundige eindstrydsege teen Argentinië, Kylian Mbappé se Goue Skoen, Lionel Messi se moeilike eindstryd en die wedstryde en oomblikke wat hierdie toernooi…
20 Jul 3AM 7 min

Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming

Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming as Beste Aanbieder in ’n Leefstylprogram vir Op Pad met My Potjie. Sy vertel meer oor die sukses van die program, haar liefde vir kos, mense en avontuur, en wat hierdie besondere erkenning vir haar beteken.
20 Jul 3AM 6 min

Tiger Wheel & Tyre Namibia & Kosmos 94.1 Padel League: Alles wat jy moet weet

Jean-Louis gesels met Dylan Alexander van United Padel Namibia oor die Tiger Wheel & Tyre Namibia & Kosmos 94.1 Padel League wat op 3 Augustus plaasvind. Hulle bespreek hoe die liga werk, hoe spanne kan inskryf en waarom padel een van die wêreld se vinnigste groeiende sportsoorte geword het. Ontdek…
16 Jul 4AM 5 min