Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag die risiko van inflasie op boerderye. Hy gee ook agtergrond oor hoe wereldlande hulle ekonomiese groei bewerkstellig. Groenewald verduidelik verder ook hoe die IMF tot stand gekom het.
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die vooruitsigte van reen wat voorspel word. Saunderson verduidelik wat gedoen kan word om muggies, muskiete en ander plae van…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Dit gaan egter diesel- en ander brandstofpryse skerp laat styg. Gemiddelde slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het ook gestyg. Wit- en…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete gesels oor hoe insekte, soos onder andere aalwurms, heeltemal uitgeskakel kan word. Insekte se eiers en poulasies moet uitgewis word. Cloete verduidelik hoe die proses byvoorbeeld in vloeibare vorm tot ondersteuning dien om plante en gewasse te beskerm.
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom en senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die mees aangewese teelseisoene van beeste en skape. Mare verduidelik die beste tyd om kalwers te speen. Kalwers wat in die lente gebore word, was gewoonlik die beste tyd omdat daar meer voer en weiding op die…
Die bekende Springbokrugbyspeler, Bakkies Botha, het sedert sy uittrede uit rugby, tot die landbou toegetree toe hy weer in Suid-Afrika kom woon het. Botha vertel van die Beefmaster-beesras waarmee hy boer en ook vir sy voorliefde vir nuwe genetika. Hy gee ook sy mening oor kort- en langtermyndoelwitte wat hy…
Fietsryers regoor die wereld begin al hoe meer klere gebruik wat uit wol vervaardig is. Die gemaklike lugdeurlaatbare klere wat die fietsryers ook koel hou tydens lang ritte, is deesdae baie gewild vir ‘n aktiewe leefstyl. Die klere is spesiaal so ontwerp om onder alle omgewingstoestande, die draers van die…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “I believe in you”.
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag die ekonomie van boerdery. Hy verduidelik die impak van inflasie en hoe pryse styg. Groenewald praat van die kunsmatige laer pryse van byvoorbeeld brood. Hy verduidelik ook hoe risikos bestuur kan word.
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor hoe voedselprodusente kan beplan vir groei en vooruitgang van ‘n boerdery. Hy raai boere aan om nie moed te verloor…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Vleispryse het ook stabiel gebly teenoor die ooreenstemmende tye van verlede jaar. Voerkrale doen nou ook hul aankope vir Desember…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete gesels oor groeibevorderaars en hoe kan gewigstoename vir diere gestimuleer word. Cloete verduidelik ook hoe energie toegevoeg kan word. Hy gee verder inligting oor hoe siektes en vrektes in voerkrale verhoed en heeltemal uitgeskakel kan word.
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom en senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die moontlike vooruitskattings vir die volgende paar maande ten opsigte van vleispryse. Volgens Mare is speenkalfpryse geneig om in die volgende twee maande af te kom , maar kan skerp styg na Kersfees toe. Lamsvleispryse voorspel ook…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Because we’ve been through it all, we…
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag die voordele van digitale veilings en die bemarking daarvan vooraf. Groenewald verduidelik wat agter die skerms gedoen word, soos die sogenaamde “personal touch”. Hy deel ook statistiek en syfers oor die verskil tussen die getalle van digitale en fisiese bywoning.
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor hoe jy van oorlewing na groot sukses kan beweeg. Saunderson praat oor die konsep van mentorskap en hoe dit waarde…
Op ‘n onlangse boeredag naby Wolmaransstad, het plaaslike boere saamgespan en besluit om graanlewering meer plaaslik te bemark en dit skakel probleme uit rondom swak paaie, vervoer en ander uitdagings. Landbouers in die omgewing steun die projek en is besig om na ander distrikte ook uit te reik.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week weer op sy swakker vlak teenoor die Amerikaanse dollar gebly. Beesvleispryse het tans verhoog teenoor die ooreenstemmende tye van verlede jaar. Die Desember-mark kan weer pryse…
6 Oct 2021 2AM
5 min
1220 – 1240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.