OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,764 Episodes
1400 – 1420

Ons gesels bietjie boer met Charl Saunderson

Charl Saunderson is ‘n leierboer in die Boesmanland, spesifiek die Kenhardt-distrik. Hy het hom die afgelope paar dekades onderskei as ‘n topteler van skape en deel sy kennis met mede-landbouers. Hy gesels vandag verder oor seleksie van skape in ‘n kudde. Saunderson verduidelik die term “Om te weet is om…
19 May 2021 11PM 5 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week effens opwaarts gestyg teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer redelik stabiel gebly. Stoorlam- en lamspryse het weer skerp gestyg en is byna…
18 May 2021 11PM 4 min

Nasionale kuilvoerkompetisie is onlangs afgeskop

Suid-Afrika se Kuilvoerkoning in 2021 word eersdaags aangewys. Hoewel die inskrywings verlede week gesluit het, word monsterneming vanaf 8 Junie gedoen, terwyl die kroning van 2021 se Kuilvoerkoning later vanjaar sal plaasvind tydens ‘n spoggeleentheid.
18 May 2021 11PM 1 min

Regsaspekte en aanspreeklikheid van motorongelukke

Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, gesels oor ‘n groot kommer by landbouers, naamlik die aanspreeklikheid wat mag ontstaan by motorongelukke. Normaalweg is daar sekere gevolge voortspruitend uit die nalatigheid van een of meer bestuurders van voertuie. In sekere omstandighede kon ‘n persoon ‘n oordeelsfout gemaak en iemand skade berokken het. Moolman…
16 May 2021 11PM 5 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
13 May 2021 11PM 4 min

Nuwe metodes en tegnologie om beeste te merk

Tjoepie Groenewald is ‘n kundige op die gebied van sosiale media. Hy behandel vandag ‘n baie interessante onderwerp van diere wat gemerk word. Snoetprint is egter nie uniek in Suid-Afrika nie en Groenewald vertel hoe dit ontstaan het. Hy vertel ook van brandmerke en ander metodes om vee te kan…
13 May 2021 11PM 4 min

Ons gesels bietjie boer saam met Charl Saunderson

Charl Saunderson is ‘n leierboer in die Boesmanland, spesifiek die Kenhardt-distrik. Hy het hom die afgelope paar dekades onderskei as ‘n topteler van skape en deel sy kennis met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor seleksie van ooie om by telingsdoelwitte uit te kom. Die seleksieproses om die beste ooie uit…
12 May 2021 11PM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week wipplank gery teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer redelik stabiel gebly. Stoorlam- en lamspryse het skerp gestyg. Hoenderpryse het ook effens gestyg…
12 May 2021 2AM 4 min

PM berig onder andere oor waterlisensieaansoeke en ook oor die beheer van snotsiekte

Aansoeke vir watergebruikerslisensies kan nou bespoedig word deurdat die magte na streekkantore en waterverbruikersgebiede gedelegeer is en nie meer net deur die Departement in Pretoria goedgekeur kan word nie. Dan berig ons ook oor tegnologie teen snotsiekte wat nou in Suid-Afrika in samewerking met Skotse tegnologie, beveg word.
12 May 2021 2AM 1 min

Dr Frikkie Mare oor inflasiepryse

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek vandag die invloed van inflasiepryse wat onlangs skerp gestyg het. Verbruikersprys-inflasie word ook daardeur beinvloed. Pryse begin opgaan en styg vining. Oliesade is tans baie duur, so ook koring. Vergelykend die situasie verlede jaar, het beesvleispryse tot 37% en vark teen…
10 May 2021 11PM 2 min

Kom Ons Praat 'n Bietjie Boer saam met Charl Saunderson

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer van die Kenhardt-omgewing in die Noord-Kaap. Charl is nie net ‘n bekende Dorper-teler nie, maar ook ‘n landboukonsultant, -adviseur, berader, sakeman en raadgewer. Charl deel sy kennis van die landbou-omgewing in die volgende paar weke en in vandag se aflewering beantwoord hy die vraag…
5 May 2021 11PM 6 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse sowel as stoorlampryse het redelik stabiel gebly. Hoenderpryse het effens gedaal en varkpryse het oor die algemeen…
4 May 2021 11PM 5 min

Daling in bees- en skaapvleisinvoere in SA

‘n Drastiese daling in beesvleisinvoere het die afgelope jaar in Suid-Afrika voorgekom, volgens Agri Inspec. ‘n Afname in 30% in vergeleke met Desember 2019, is ook verlede jaar in Desember aangeteken. Die pryse per skaap was 62% meer as in 2019 . In 2019 is ook die meeste skaapvleis uit…
4 May 2021 11PM 1 min

Nog goeie nuus in die suiwelbedryf

Lactalis, Suid-Afrika se Gouda, wat vir 10 maande verouder is, is onlangs vir die derde jaar agtereenvolgens aangewys as Suiwelproduk van die Jaar. Die spesifieke Gouda was een van 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat meegeding het om die aandag van 60 beoordelaars. Verder berig die nuusagentskap Reuters, dat die…
3 May 2021 11PM 1 min
1400 – 1420