OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,608 Episodes
360 – 380

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal hierdie week. Sojapryse het week-op-week gedaal. Die gunstige weer in die VSA kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het ook weer gedaal hierdie week. Koringspotprys het gedaal terwyl sorghumpryse effens…
11 Oct 2023 3AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het aansienlik verswak teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag en onsekere ekonomiese toestande is van die belangrikste oorsake hiervan. Die konflik in Israel speel ook ‘n rol. Hierdie week het speenkalfpryse teen die verwagting in…
11 Oct 2023 3AM 3 min

PM berig oor sel-ontwikkelde vleis

Nuwe navorsing se resultate wys daarop dat die koolstofspoor van sel-ontwikkelde vleis, meer omvattend is as wat die bedryf voorheen vermoed het. Volgens die studie se resultate gebruik maatskappye wat groeimedia tot farmaseutiese vlakke moet suiwer, meer hulpbronne, wat die potensiaal vir aardverwarming verhoog.
9 Oct 2023 2AM 5 min

PM berig oor ‘n interessante fondsinsameling van ‘n skool in die landbougemeenskap

Skole in landelike gemeenskappe is al hoe meer afhanklik van ekstra fondsinsamelingsprojekte om kop bo water te hou. Die President Steyn-skool in die Bainsvlei-area buite Bloemfontein is geen uitsondering nie en word ondersteun deur die omliggende boereverenigings en besighede. Volgende Woensdag en Donderdag word twee spesiale aande vir mans en…
5 Oct 2023 6AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week gestyg. Die gunstige weer in die VSA, kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het ook weer gestyg hierdie week. Koringspotprys het gedaal, terwyl sorghumpryse…
4 Oct 2023 8AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het verswak teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag is een van die belangrikste oorsake hiervan. Hierdie week het speenkalfpryse teen die verwagting in gedaal. Meer diere is egter in die mark. Stoorlammerpryse het effens gestyg…
4 Oct 2023 8AM 4 min

Daling in Merinowol-aanbod word voorspel

'n Daling in Merinowol-aanbod van tussen 20%-30% word voorspel as gevolg van die Australiese regering se verbintenis tot die uitfasering van lewendige skaap uitvoere.
25 Sep 2023 1AM 1 min
360 – 380