OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,611 Episodes
400 – 420

PM gesels met die President van Agri Wes-Kaap tydens die organisasie se jaarkongres

Villiers Laubscher, President van Agri Wes-Kaap, het tydens die organisasie se jaarkongres by Grand West in Kaapstad, uitgebrei oor die positiewe gees wat heers in die provinsie en ook sy dank uitgespreek oor die goeie samewerking met die provinsiale regering. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die provinsie…
23 Aug 2023 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week skerp gestyg. Die hittegolf in die VSA kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het weer gedaal hierdie week, en koringspotpryse het ook weer gestyg…
23 Aug 2023 1AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die swakker rand het ‘n invloed op toekomstige bepaling van rentekoers. Hierdie week het speenkalfpryse effens gedaal, maar behoort binnekort weer stelselmatig bietjie te begin styg. Stoorlammerpryse het ook effens gedaal. Pyse behoort in die volgende weke…
23 Aug 2023 1AM 4 min

Regskundige, Hans-Jurie Moolman, praat oor die wetgewing ter sprake by veldbrande

Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die wetgewing van toespassing by die ontstaan en bestryding van bos- en veldbrande. Hy verduidelik hoe die reg die aanspreeklikheid van brande aanspreek en noem dat die ontstaan van brande is die eerste basis van aanspreeklikheid wat bepaal moet word. Versuim…
21 Aug 2023 8AM 4 min

PM berig oor Melk SA wat onlangs hul 20ste bestaansjaar gevier het

Die georganiseerde landboubedryfsorganisasie, Melk SA het onlangs hul 20ste bestaansjaar gevier. Die organisasie is in Desember 2002 gestig weens die behoefte aan ondersteuning aan die bedryf. Die blootstelling wat die organisasie aan sy lede gebied het oor die laaste 20 jaar, sluit onder andere ook in navorsing op ‘n wye…
21 Aug 2023 8AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer gedaal hierdie week. Sojapryse het week-op-week gestyg hierdie week. Die gunstige weer in die VSA, kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het weer gestyg hierdie week en koringspotpryse het ook…
16 Aug 2023 2AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer gedaal teenoor die dollar hierdie week. Hierdie week het speenkalfpryse effens gedaal, maar behoort binnekort weer bietjie te begin styg. Stoorlammerpryse het huidige vlakke gehandhaaf. Pyse behoort in die volgende weke afwaarts te…
16 Aug 2023 2AM 4 min

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor sy pas afgelope besoek aan Namibiese vleisprodusente en hy maak ‘n vergelyking met die bedryf in Suid-Afrika. Volgens hom is daar ‘n kleiner aanvraag na speenkalwers. Hy skryf dit toe aan die tekort aan voerkrale, as gevolg…
15 Aug 2023 2AM 4 min

PM berig oor Suid-Afrika se Klimaatslim Ambassadeur wat pas aangewys is

Suid-Afrika se tweede Klimaatslim Ambassadeur is pas aangewys en die gesogte titel behoort vanjaar weer aan ‘n Noord-Kaapse boer. Piet Roux van Prieska, het vanjaar met die louere weggestap en is ‘n bekende in landboukringe. Roux volg in die spore van James Faber, bekende in die rooivleisbedryf, wat verlede jaar…
14 Aug 2023 6AM 2 min

PM berig oor die negatiewe invloed van beurtkrag op die landbou industrie

Die koste van beurtkrag het ‘n negatiewe invloed op die winsmarge van Suid-Afrika se grootste geïntigreerde pluimvee-maatskappy, Astral Foods Beperk vir die laaste 6 maande getoon. Die afname in syfers is grootliks as gevolg van die buitensporige bedrag van R741 miljoen wat aan beutkragkoste bestee is. Die braaikuikens moes langer…
14 Aug 2023 6AM 1 min

Pieter Moller berig oor Australië se wolbedryf

Die Australiese wolbedryf werk baie hard om weer sake met China te doen. Dit kom nadat wolkontaminasie weer teengewerk word. China bly hul grootste mark en laasgenoemde was bekommerd oor die kontaminasie in wol wat verlaagde wolgehalte veroosaak.
11 Aug 2023 1AM 1 min

PM gesels met ‘n bekende landboukundige bestuurder

Chris Malan is ‘n bekende landboukundige bestuurder met meer as 30 jaar ondervinding in die besproeingsbedryf. Hy vertel, tydens sy besoek aan Noord-Kaapse landbouers, wat die uitdagings in die bedryf is en ook interessante feite oor nuwe tegnologie wat tans toegepas word.
10 Aug 2023 1AM 7 min
400 – 420