Hulle sê ontbyt is die belangrikste ete van die dag - maar wat van al die etes daarna wat meestal nie by die huis geëet word nie. Denise loer onder die deksel van Laeveld kosblikke.
Beurtkrag is 15 jaar gelede vir die eerste keer ingestel. Hoe het mense al daaraan gewoond geraak en hul leefstyl daarvolgens aangepas? Denise vind uit.
Die Groen en Goud-gees warm op in die Laeveld voor die Springbokke hul eerste toets teen die All Blacks by Mbombela-stadion speel op 6 Augustus. Denise neem die temperatuur.
Die All Blacks speel volgende week, op 6 Augustus, vir die eerste keer ‘n toets in Mbombela. Mireille het by ‘n paar plaaslike rugbyondersteuners gaan uitvind hóé baie hulle na hierdie Springbok-kragmeting uitsien.
Die winter skoolvakansie is lank, en kan ouers (en kinders) teen die mure uitdryf. Hoe baie sien Laeveldse kinders daarna uit dat die skole heropen? Denise het gaan uitvind.
Pelgrimsrus is 'n finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie en jy het slegs tot Vrydag 12:00 om vir hulle te stem. Stuur 'n SMS met "Pelgrimsrus" na 33157 en help om dié eer Laeveld toe te bring. Luiester hier na wat hierdie unieke dorp dorp so spesiaal maak.
Sporadiese, volgehoue protesoptrede het op 6 en 7 Julie 2022 die Laeveld erg ontwrig. Denise het met plaaslike sakeondernemings gesels oor hoe dit hulle geraak het.
Skoolvakansie is nie enige ouer se gunsteling tyd nie, grootendeels weens hul kinders se verveeldheid. Denise het met verskeie kinders gesels oor wat hulle tydens skoolvakansies doen.
Die SANParke Ereveldwagters skop Paasnaweek af met 'n veldtog om besoekers aan die Krugerwildtuin aan te moedig om nie rommel te strooi nie. Pieter en Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik hoe groot die probleem is, en wat die impak daarvan op die natuurlewe is. Om meer uit te…
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad met hoe maatskappye Popia aan hul werknemers kan verduidelik om te verseker almal voldoen aan die vereistes.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn. Sy deel die agt maklike stappe met Sanett.
31 Aug 2021
9 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.