100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
120 – 140

Musiekdebat: JJ Stephens

Die sanger JJ Stephens het vir die eerste keer in 10 jaar 'n nuwe enkelsnit vrygstel met "Dis so goed". Hierdie tee fynproewer en radio-aanbieder gesels met Amanda oor sy loopbaan.
8 Dec 2022 3 min

Laeveld Ervaring: Desember is reistyd na die Laeveld

Mense reis deesdae anders as voorheen, sê Linda Grimbeek van die KLCBT. Sy gesels voor die feestyd amptelik aanbreek met Robin oor hoe dinge verander het. "Alles gebeur deesdae op die laaste minuut – selfs besprekings. Niemand weet hoe hul planne gaan uitwerk nie, so selfs oorsese besoekers besluit op…
7 Dec 2022 26 min

Musiekdebat: Pieter Strydom

As hy iets in sy loopbaan oor kon doen, sou Pieter Strydom vroeër begin skryf en sy eie liedjies opgeneem het. Hy gesels met Amanda. #Musiekdebat
2 Dec 2022 2 min

Laeveld Ervaring: Oorlogskamer gestig om die Laeveld te verfraai

Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit het hande geneem met Mbombela-munisipaliteit, die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), We Care 4 Nelspruit en die nuut gestigde Barberton-gemeenskapsforum om te verseker die Laeveldse dorpe word skoner gehou. Linda Grimbeek gesels met Robin.
30 Nov 2022 25 min

Musiekdebat: Adam Tas

Een van Adam Tas se grootste treffers, "Gaan sê vir die angels", sou nooit die lug gesien het as dit as 'n enkelsnit vrygestel sou word nie, verklap hy aan Amanda. Gelukkig was dit deel van 'n vollengte album. Hy verkies volledige albums en die storie wat dit vertel, as…
24 Nov 2022 3 min

Musiekdebat: Nadine Blom

Nadine Blom het reeds groot sukses in haar loopbaan behaal, en koester nog groot drome. Sy verklap hulle aan Amanda en gesels oor verhoogvrees en hoe om haar private lewe uit die openbaar te hou.
17 Nov 2022 8 min

Musiekdebat: Chris Coetzer

'n Sanger moet hul ore soos hul stemme soos 'n spier oefen, sê die klassieke kunstenaar, Chris Coetzer (ook een van Suid-Afrika se Drie Tenore saam met Philip Kotze en Jannie Moolman). Hy het met Amanda gesels oor die harde werk wat dit vir 'n sanger verg om mense se…
10 Nov 2022 8 min

Musiekdebat: Quentin Prinsloo

Amanda gesels met die sanger-liedjieskrywer, akteur en reisiger Quentin Prinsloo oor sy loopbaan, sosiale media en sy musikale ikone.
2 Nov 2022 5 min

Straatdebat: Ken jy nog jou bure?

Denise het in die Laeveld gaan uitvind: Ken mense nog hul bure? Kuier hulle soms saam? Luister weer hier na wat mense sê.
2 Nov 2022 3 min

Straatdebat: Het jy 'n mediese fonds?

Met die verandering van die seisoene is almal skielik siek. Denise het gaan uitvind of inwoners ook meer siek word sedert die maskers, hande was en ontsmetting van Covid-19 weggeval het. Natuurlik is die groot vraag: Wie het 'n mediese fonds?
18 Oct 2022 4 min

Straatdebat: Storietyd - lees of kyk?

"Vandag se kinders" het mos vierkantige oë, of hoe? Amanda gaan vind by kleintjies uit of hulle nog lief is vir lees (of om voor gelees te word).
11 Oct 2022 4 min

Musiekdebat: Liefde die mees geliefde tema

Die tema waaroor daar verreweg die meeste liedjies geskryf word, is ongetwyfeld die liefde. Amanda het met plaaslike kunstenaar Henry-John daaroor gesels. Luister hier.
6 Oct 2022 6 min
120 – 140