Teken 21 Februarie in jou dagboek aan wanneer die indaba oor die kragkrisis in Mbombela plaasvind. Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin hieroor asook verkeersligte aanneem en "Under the Gazebo" in die middedorp.
Vriendskap is kosbaar en moet gekoester word. Denise gaan vind uit hoe gereeld mense hul vriende sien, waar hulle uit hang en wat hulle alles met mekaar deel.
Die sanger Burgerd Botha, wat naam gemaak het as een van die minnesangers van die gewilde groep Romanz en sedertien ook ‘n solo-loopbaan begin het, droom daarvan om eendag nog in Jerusalem op te tree. Hy gesels met Amanda oor die vervulling van liedjies skryf en om opkomende kunstenaars te…
Koes! Hier kom Karin wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Of om die sogenaamde kenners en kultuurdiere wat hulself soos aanstellerig hou te vertel van die Tchaikovsky (was dit Tretchikoff?) teen haar muur nie - om nie eens te praat van haar dogter se talent nie…
Ja, dit neem tyd om gesonde gewoontes te kweek. Nee, daar is nie kortpaaie nie en oornagsukses bestaan nie met gewigsverlies nie. “Daar is geen mens wat binne dae ‘n leefwyse van verkeerd leef kan regmaak sonder om te gly nie," sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en…
Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) beplan eersdaags 'n Energie-dag waar Mbombela en Eskom hul planne en vereistes kan deel i.t.v. die goedkeuringsproses wat inwoners kan volg om krag aan hulle te lewer, sowel as wat hul planne is om die kragkrisis op te los. Linda Grimbeek is van mening dat hidro- en…
Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n opinie of twee oor die mense wat sy onlangs in haar ginekoloog se wagkamer teëgekom het.
Die veelsydige en energieke tromspeler wat sing, Ghapi, het al verskeie treffers behaal met onder meer "Goliat" en "Ek sing". Hy onthul aan Amanda wie hy beskou as die drie beste dromspelers van alle tye.
Wanneer jy kilojoules inneem, is baie belangrik want hoe vroeër jy energie inneem, hoe meer tyd het jy deur die dag om dit te verbrand, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. Hy gesels met Juané.
Suid-Afrikaners het 15 jaar gelede die eerste keer met beurtkrag kennis gemaak - en diit raak net erger. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se advies vir jou onderneming is eenvoudig: Beplan asof vandag vir ewig gaan duur. Analiseer dus jou risiko’s en mitigeer dit om 'n manier te vind…
Beurtkrag maak die meeste mense boos, maar ander gebruik dit tog as 'n geleentheid om weer saam met geliefdes kwaliteit tyd te spandeer. Amanda gaan vind uit hoe mense onderbreekte internetverbindings, watertekorte en die logistiek van 'n huishouding bestuur hanteer.
Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n klagte of wat oor die diens wat sy onlangs by 'n naelsalon ontvang het.
Jy kan eet waarvoor jy lief is en waarvan jy hou en steeds gewig verloor, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. Die geheim is wilskrag om porsiegrootte te beheer. Die belangrikste is om jouself die tyd te gun om stelselmatig…
2023 het afgeskop en mense keer terug werk en skool toe. Wat hou die jaar vir ons in? Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê negatiwiteit was in 2022 mense se grootste vyand. "Ons kon drie keer verder gewees het as om ons probleme op te los as mense eerder hande…
Is jy 'n skinderbek of 'n sleutelbord-kryger? Sal jy Iemand aan die kaak stel, kaalkop die waarheid sê of oop kaarte speel? Denise vind uit hoe mense drama en konflik hanteer.
Tatoeëermerke is sosiaal aanvaarbaar, maar vir sommige ouers moeilik om te sluk op hul tieners se vel. Verskeie pa's sê vir Amanda hul kinders moet self verantwoordelikheid vir hul besluite neem.
Rudi Muller is een van Suid-Afrika se mees geliefde Gospelsangers. Hy gesels met Amanda oor die musiekgenres wat hy die meeste geniet.
29 Dec 2022
8 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.