100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
344 Episodes
80 – 100

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 1

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het gister die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid. Hulle het afgeskop by die…
13 Mar 2023 6 min

Hoe nou gemaak: Eet gesond op 'n begroting

Tussen stygende pryse en beurtkrag raak dit al hoe moeiliker om gesond te eet. "Dit is van kardinale belang om te beplan, sê Marcelle Pienaar van LiveWell Dieticians. Sy gesels met Charles oor planne wat jy kan maak in ekonomiese swaar tye. Luister weer hier. #HoeNouGemaak
10 Mar 2023 13 min

Musiekdebat: Chris Else

Die kitaarspeler Chris Else is hierdie week Amanda se gas vir #Musiekdebat. Hy vertel haar dat hy Gé Korsten sing in die stort en hoe hy sy senuwees voor optredes beheer.
9 Mar 2023 3 min

Musiekdebat: Charlize Berg

Charlize Berg gesels vandag met Amanda oor die '"magic" van ballades sing, diep delf om met 'n liedjie en gehoor 'n konneksie te maak en in hoe 'n mate musiek haar identiteit is.
2 Mar 2023 7 min

Laeveld Ervaring: Vreugde oor belastingvoordele vir alternatiewe krag

Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer. Dit is van die aankondigings wat verlede week tydens die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aangekondig is en die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se harte laat jubel. Linda Grimbeek gesels met…
1 Mar 2023 26 min

Musiekdebat: Liza Brönner

Liza Brönner gesels met Amanda oor hoe alles begin het, haar verborge talente, en die noodsaaklikheid om jou oë op jou eie bal te hou. #Musiekdebat
22 Feb 2023 5 min

Polisie waarsku teen watermassas

Die polisie vra dat mense wegbly van brue oor damme, rivier en strome wat oorstroom weens volgehoue swaar reen. Polisieduikers en gemeenskapslede soek steeds na vier mense wat vermis word en na vermoede verdrink het in Nkomazi. Vyf mense is gister gered na hul vragmotor in Amersfoort meegesleur is. Polisiewoordvoerder,…
17 Feb 2023 1 min

Oe-ê-ê Karin: Skoolseuns agter die pawiljoen

Almal wat vir Karin ken weet sy maak nie sommer moeilikheid nie, maar sy is behoorlik in die skande gesteek die week. Sy het regtig verwag die skoolhoof het haar en Cobus ontbied met beter nuus as wat hulle moes uitvind oor hul seun.
10 Feb 2023 4 min

Hoe nou gemaak met beurtkrag?

Waar begin jy om te probeer uitpluis wat die beste manier is vir jou huis of onderneming om onafhanklik te (begin) raak van Eskom se elektrisiteit? Cobus Dolley, die bestuurder van Voltex Nelspruit, antwoord Charles se vrae.
9 Feb 2023 16 min

Musiekdebat: Refentse Morake

"Musiek is vir my ‘n gaping in die realiteitsklou, ‘n ontsnapping in ‘n vervoerende beswyming van skepping en kuns…” sê Refentse. Hy gesels met Amanda oor onder meer sy liefde vir skryf.
9 Feb 2023 3 min

Laeveld Ervaring: 'n Groot jaar wag vir Barberton

Vanjaar is 'n spesiale jaar vir Barberton wat verskeie mylpale vier. Sakemense werk ook hard om die dorp te vernuwe. Daar word ook hard baklei om die Wêrelderfenisgebied te begin ontwikkel. Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin.
8 Feb 2023 21 min

Straatdebat: Wat neem jy nie saam nie?

Daar is sekere dinge wat jy bloot net nie saam met jou na 'n restaurant, werksfunksie of kuier by jou skoonma neem nie. Tog vind Denise uit dat mense met streng diëte soms hul eie kos na restaurante neem.
7 Feb 2023 2 min

Oe-ê-ê Karin: Te veel huiswerk

Karin, wat nie skroom om die bestuurder te roep nie, is kwaad. Hierdie week is dit vir Zaantjie se skool wat haar toegooi onder huiswerk en take! Waar moet sy tyd kry om 'n jong dame so na haar ma se hart te wees?
3 Feb 2023 5 min

Musiekdebat: Kevin Leo

Sy sangloopbaan het hom baie geleer van vasbyt, sê Kevin Leo. Die singende chef gesels met Amanda.
2 Feb 2023 5 min
80 – 100