Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
210 Episodes
180 – 200

Wees gelukkig en gesond

Christine Ferreira gesels oor gesondheid en welstand en is neurofisioloog, Anri van Rooyen en geneeskundige, dr. Arien van der Merwe die gaste tydens hierdie uitsending. Verpleegkundige, Mari-Louise Durr, gesels oor die genesende krag van aromatiese olies en háár boek Healing the brokenhearted a Guided Journal.
7 Sep 2021 1 hr 37 min

Als Is Nie Net Swart En Wit Nie

Christine Ferreira gesels met joernalis en sanger-liedjieskrywer, Malvory Adams, oor sy boek "Als Is Nie Net Swart En Wit Nie." Prof Wentzel Coetzer vertel meer oor die verskil wat die uitdeel van seën aan jou kinders en ander se lewens maak.
31 Aug 2021 1 hr 39 min

Leef jou lied!

Christine Ferreira gesels met skrywer Elsa Winckler, daar word vertel oor die #Brei vir Kansa-projek en Amanda de Lange leer meer oor die stel van grense in jou verhoudings.
24 Aug 2021 1 hr 38 min

Vriendelikheid verander harte

Christine Ferreira gesels met sakevrou Carina Franck oor haar spesiale verbintenis met die Kalahari, Andries Cilliers gesels oor 100 dae van vriendelikheid en hoe ons die alledaagse kan gebruik om sagkens heel te maak en van Retha Ingenbleek vertel meer oor #living limitless die slagspreuk van vanjaar se SPAR Virtual…
17 Aug 2021 1 hr 37 min

Onverskrokke vroue

Christine Ferreira gesels met Bettina Wyngaardt oor haar jongste boek Onverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag, entrepreneur Marguerite van der Merwe van Piekant Picnic op George deel haar getuienis en Esna Colyn van Imbalie Beauty gesels met ons oor hoe hulle maatskappy vroue regdeur Vrouemaand gaan…
10 Aug 2021 1 hr 35 min

Platteland en stilte

Christine Ferreira gesels met kunstenaar Jacobus Silwer van die Silwerkuns Studio Fauresmith, Schalk Schoombie vertel meer oor die dorpie Rosendal in die Oos-Vrystaat. Winnie Nel van Stellenbosch gesels met ons oor oor hoe om die kuns van teenwoordig wees oftewel mindfulness te bemeester en Annelien Pienaar gesels oor haar jongste…
3 Aug 2021 1 hr 30 min

Verhale van hoop So help jy jou geliefde en jouself

Christine Ferreira gesels met joernalis en skrywer, Pieter van Zyl, oor sy jongste boek Verhale van hoop Só help jy ‘n geliefde en jouself. Elza Kalis deel hoop as jy die pad met ‘n geliefde met demensie stap. Dr. Johan Ferreira gee raad oor hoe ons ons huweliksmaats in moeilike…
6 Jul 2021 1 hr 36 min

Stres en jou gesondheid

Christine Ferreira gesels met gesondheidskenners, Nina Johnson, Marietjie Sheperd en Izette Faul oor hoe om behoorlik na jou gesondheid om te sien en die uitwerking van stres op jou liggaam te verminder. Louise Jansen van Vuuren wat haar getuienis rondom Covid19.
29 Jun 2021 1 hr 37 min

Stres en jou gesondheid

Christine Ferreira gesels met gesondheidskenners, Nina Johnson, Marietjie Sheperd en Izette Faul oor hoe om behoorlik na jou gesondheid om te sien en die uitwerking van stres op jou liggaam te verminder. Louise Jansen van Vuuren wat haar getuienis rondom Covid19.
29 Jun 2021 1 hr 37 min

Hartstories van ons land se boere

Christine Ferreira gesels met Ivor Price en Kobus Louwrens oor hul splinternuwe boek Hartstories van ons land se boere. Boervrou, Hannelie van Niekerk, van Brandvlei in die Boesmanland gesels oor die impak van die droogte op hul gemeenskap en wynboer, Dirkie Morkel van die bekende wynplaas, Bellevue, deel sy getuienis.
22 Jun 2021 1 hr 36 min

Wat jy moet weet voor aftrede

Christine Ferreira gesels met neurowetenskaplike, dr Melodie de Jager, oor die moets en moenies van aftrede en die invloed van jou denke op dié nuwe lewensfase. Aftree-spesialis en geestelike begeleier, Karin Beukes, deel raad en wenke oor aftrede en Heleen van As vertel meer oor ‘n inisiatief Vroetelkombersies vir Alzheimers-pasiënte…
15 Jun 2021 1 hr 40 min

Aftrede

Christine Ferreira gesels met neurowetenskaplike, dr Melodie de Jager, oor die moets en moenies van aftrede en die invloed van jou denke op dié nuwe lewensfase. Finansiële raadgewer en spirituele begeleier, Karin Beukes, gee raad oor hoe om aftrede op die regte manier te benader en Heleen van As vertel…
15 Jun 2021 1 hr 40 min

Die nuwe FamilieBybel

Christine Ferreira gesels met Johan Smith oor die nuwe FamilieBybel wat pas deur Lux Verbi in samewerking met die Bybelgenootskap uitgegee is. Cassie Carstens gesels oor sy nuwe boek The World needs A Father en Roedolf Botha vertel oor hoe om ‘n leier soos Jesus te wees in ‘n veranderende…
8 Jun 2021 1 hr 34 min

Hoe om jou eie onderneming op die been te bring

Christine Ferreira gesels met Danie Bezuidenhout van Bizstarters oor kleinsake-onderneming en hoe om jou eie onderneming op die been te bring. Helena van der Westhuizen van Hopefield vertel meer oor haar onderneming, Simply Bee, ’n trots Suid-Afrikaanse reeks produkte vanaf die Weskus
18 May 2021 1 hr 31 min

Veerkragtigheid

Christine Ferreira gesels Koos van der Merwe gesels oor Prophet se nuwe CD en Ilse Salzwedel vertel meer oor veerkragtigheid na aanleiding van haar nuwe boek, Floreer. Sielkundige, Anel van de Walt, van Hartbeespoort deel haar treffende getuienis.
11 May 2021 1 hr 38 min

Jou geldsake

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met finansiële kenner, Theo Vorster, oor die bestuur van jou persoonlike finansies en skrywer en Lééf-rubriekskrywer, Lizette Murray, deel gedagtes oor hoe om jou kind die regte perspektief oor geld te gee.
4 May 2021 1 hr 37 min

Staan op en loop

Christine Ferreira gesels met Lizelle Stoltz oor die hoe om die effek van egskeiding op jong kinders te bestuur na aanleiding van haar boek Pikkies se ouers skei. Hilda Steyn gesels oor Hekel en word heel 2 en Melissa Platt van Footprints4Sam vertel oor dié liefdadigheidsorganisasie se jongste inisiatief.
27 Apr 2021 1 hr 43 min

Maak 'n verskil

Christine Ferreira gesels met prof Jonathan Jansen oor sy nuwe boek Learning Lessons. Veronica Scholtz vertel meer oor ‘n splinternuwe Christelike uitgewershuis, genaamd LUCA. En Chrismarie Barnardt gesels oor hoe jy ‘n verskil kan maak om om ons planeet te bewaar
20 Apr 2021 1 hr 39 min

Uitdagings en probleme uniek aan vroue

Christine Ferreira gesels met Dr. Truida Botha oor emosionele uidagings en probleme uniek aan vroue. Dan gesels sy met sanger RitaLi oor haar jongste album en dan met Corinne Badenhorst and Anique Jordaan oor hulle boek "Blinker vir 'n Blomtuin."
13 Apr 2021 1 hr 37 min

Die omvang van dwelmmisbruik in ons skole

Christine Ferreira gesels met joernalis, Julian Jansen, oor sy nuwe boek Pa’s sonder seuns, Adrie Vermeulen van SANCA vertel oor die omvang van dwelmmisbruik in ons skole en Florien Deysel, stigter van stigter van Queen Red Ant for Missing Persons A Division of Without A Trace Foundation wat onder meer…
6 Apr 2021 1 hr 40 min
180 – 200