GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
914 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper "ou Dae"

Brendan het kom kuier oor sy nuwe enkelsnit "Ou Dae". Dis 'n kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD's voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.
18 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Johan Botha van Solidatiteit

Die Gautengse Onderwysdepartement het volgens Solidariteit erken dat hy nie meer sy statutêr verpligte subsidies aan skole kan betaal nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het daarom Woensdag, 16 September 2026, die parlement gevra om die departement onder administrasie te plaas. Ons gesels met Johan Botha om meer uit…
17 Sep 8 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Robbie Wessels - Als vir die Bok!

Robbie Wessels se splinternuwe Springbok-geeslied “Als vir die Bok”🏉 ’n Lekker energieke, komiese lied vol rugbygees, geskryf op die wysie van die bekende “I Would Do Anything for Love”. Dis gemaak om te sing, lag en die Bokke te ondersteun!🔥
11 Sep 11 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Majozi (Hold Tight)

Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer MAJOZI stel vandag sy opbouende nuwe enkelsnit, *HOLD TIGHT*, vry – die derde amptelike enkelsnit vanaf sy bekroonde EP, *FLANNEL MUSIC*. Die snit kombineer meesleurende melodieë met 'n optimistiese boodskap van volharding en verbondenheid, en dien as 'n herinnering om vas te hou te midde van…
9 Sep 14 min
1 – 20