GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
572 Episodes
120 – 140

#DieGrootTrek - Thys van zyl gesels Grootgeld en sy nuwe boek

Elke laaste Dinsdag van die maand kom kuier Thys van Zyl by ons om oor alles GrootGeld te gesels. Hy het 'n nuwe boek uit wat hy geskryf het saam met Robby Kojetin. Die boek genaamd "Parallel Summits" trek die vergelyking tussen hoe jy moet voorberei om 'n berg soos…
26 Nov 2024 35 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Musiek Skeduleerder in radio

Het jy al ooit gewonder wie kies die musiek wat op radio speel? Hoekom sekere liedjies so gereeld speel? Miskien ook hoekom jou gunsteling liedjie nie speel op n radio stasie nie? Wel ons musiek skeduleerder Charonike Nel is vandag saam ons om te gesels oor wat presies sy doen…
25 Nov 2024 35 min

#DieGrootTrek - Ard Matthews en Tanya Van Graan

Die nuwe glanspaartjie Ard Matthews en Tanya van Graan het vandag kom kuier. Ons gesels bietjie oor hoe hulle ontmoet het, hoe hulle die lewe benader en ook hoekom hulle nou musiek saam maak. Ard het ook vir ons Shallow waters van sy Just Jinger dae gespeel, jy wil dit…
21 Nov 2024 34 min

#DieGrootTrek - Karyn Maughan se nuwe boek.

In Karyn Maughan se nuwe boek 'I will not be silenced" vertel sy ons meer van haar lewe as bekroonde Suid-Afrikaansejoernalis en ook wat dit beteken om verslag te lewer oor Jacob Zuma asook hoekom sy privaat vervolg word deur hom.
19 Nov 2024 22 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Eiendoms Agent

So ons ken hulle as "eiendoms agente" maar die regte term deesdae is Eiendomspraktisyn. Chelsea Maree kom kuier vandag by ons om meer te vertel oor haar beroep en ook wat die uitdagings is wat dit inhou.
18 Nov 2024 38 min

#DieGrootTrek - Christel Van Den Bergh

Sy het lanklaas kom kuier maar vandag is sy hier. Christel Van Den Bergh kom loer in by Doepie en Nina en gesels oor haar lewe as mamma en Plaasvrou en wat die verandering so wonderlik en uitdagend gemaak het.
15 Nov 2024 32 min

#DieGrootTrek - Danny Smoke Nuwe Enkelsnit

Daar was weer baie lag en grappies in die ateljee met Danny Smoke wat kom kuier het. Hy is al besig om musiek professioneel meer as 18 jaar te doen en ons verstaan hoekom. Hy gesels bietjie oor die musiek industrie op die oomblik en sy Splinternuwe enkelsnit "Yskas Skuif"…
14 Nov 2024 33 min

#DieGrootTrek - Twice the Glory skyrwer Khanyiso Tshwaku

Khanyiso Tshwaku en Lloyd Burnard was in Parys saam die Bokke gedurende die laaste Rugby Wereldbeker. So het hulle die hele storie en al die emosies vasgevang wat wat daar gebeur het en ook van die dinge wat agter die skerms gebeur het. Ons gesels met Khanyiso oor die boek.
12 Nov 2024 33 min

#DieGrootTrek - Ricus Nel

Ricus het weer bietjie kom inloer by Doepie en Nina met sy guitar en donkielong. Ons gesels bietjie familiesake met die man en ook wat hy beplan tot einde van die jaar. Ons speel ook sy nuwe enkelsnit wat hy saam Chris Els aka Plakkies gedoen het.
12 Nov 2024 23 min

#DieGrootTrek - Veronika se nat koek!

So wat gebeur as jou Celebrity chef nie opdaag vir sy onderhoud nie? Jy vra vir van die luisteraars om om hulle lywe chef te hou en vir ons lekker disse voor te sit vir n Kersete. En dan kry jy vir Veronika wat sommer net 'n maandag helemal beter…
11 Nov 2024 8 min

#DieGrootTrek - Ons die Band

Marco en Ruve van die groep ONS het weer kom inloer en lekker gekuier saam Doepie & Nina. Ons hoor van hulle splinternuwe album genaamd "Begin" en ook wat vir hulle voorlê vir die res van die jaar.
5 Nov 2024 36 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n onderwysers.

Baie mense dink dit is net n halfdag werk. Maar hulle kan nie meer verkeerd wees nie. Hanneline de Bruin en haar Dogter is albei onderwysers en het vandag met ons kom gesels oor die lang ure en die uitdagings wat hulle het in hierdie baie belangrike beroep!
4 Nov 2024 36 min

#DieGrootTrek - Will Linley

Die talentvolle Will Linley of soos Doepie hom nou noem "Willie Linley" het kom kuier in die ateljee en ons vertel van sy klassieke agtergrond en toer om die wereld. Hy het ons ook bederf met 2 akoestiese liedjies.
1 Nov 2024 32 min

#DieGrootTrek - Reandi Grey nuwe aanbieder van Boer Soek 'n Vrou

Die beeldskone Reandi Grey het kom inloer om te gesels oor haar nuwe rol as aanbieder van die gewilde Tv Reeks Boer soek n vrou. Sy vertel ons meer van wat ons die seisoen kan verwag, oulike stories oor die boere en hulle moeders en wat sy ook haarself mee…
31 Oct 2024 28 min

#DieGrootTrek - Thys van Everest wealth gesels GrootGeld

Dis weer einde van die maand en dan kom kuier Thys van Zyl van Everest Wealth management by ons. Die maand gesels ons baie oor wat die uitkoms van die Amerikaanse verkiesing vir SA kan beteken en ook wat die Regering van Nasionale eenheid sover beteken het vir die SA…
29 Oct 2024 33 min

#DieGrootTrek - Jo Black inspireer en nuwe enkelsnit "Die Brug"

Soos altyd voel mens ekstra geinspireerd as Jo Blak eers kom kuier het. Hy vertel ons van hoe naby hy was aan musiek los en hoe sy omdraaipunt hom gehelp het om ander mans te kry om uit te praat oor dinge wat hulle pla. Hy gesels ook oor sy…
29 Oct 2024 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n PR Spesialis

Bronwyn Roets was die PR persoon vir span Suid-Afrika by die Olimpiese spele en sy kyk ook na 'n hele klomp hoë profiel sportsterre. Ons gesels met haar oor die onlangse spele in Frankryk en ook wat dit vat om te doen wat sy doen vir 'n loopbaan!
28 Oct 2024 32 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Vir die laaste keer in persoon by ons in die ateljee kom kuier Liezel van Intiem vir ons "Liewe Liezel" brief. Die week se vraag van 'n luisteraar af is baie kompleks en daar is baie inligting om ingedagte te hou. Liezel gee vir ons terugvoer van die paneel van…
24 Oct 2024 34 min

#DieGrootTrek - Len Muller

Die man van die Kaap Len Muller het weer bietjie kom kuier en die keer vir ons n hele paar nuwe enkelsnitte saamgebring. Ons gesels bietjie oor sy musiek en waarmee hy homself besig hou en hoe sy skryfproses werk.
22 Oct 2024 26 min

#DieGrootTrek - Eloff probeer Doep en Nina se popcorn combo's!

Eloff het kom kuier om te praat oor "Groeipyne". Dis nie iets waarmee hy meer sukkel nie maar dit is wel die titel van die nuwe enkelsnit wat hy doen saam die Piesangskille. Doepie en Nina het ook gekyk hoe hy voel oor sekere kombinasies saam met popcorn, aangesien hy…
16 Oct 2024 24 min
120 – 140