OFM OFM by Graan SA se NAMPO Oesdag 2025

OFM by Graan SA se NAMPO Oesdag 2025

OFM is weer eens trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond. Dié landmerkgeleentheid op die Sentraal-Suid-Afrikaanse kalender word van 13 tot 16 Mei 2025 buite Bothaville in die Vrystaat aangebied.
Occasionally Afrikaans South Africa Business · News
117 Episodes
60 – 80

Akademia kry jou reg vir die toekoms

Hoëronderrig bly belangrik en daar's deesdae soveel opsies om van te kies. Hoe maak mens seker dat jy nie die spreekwoordelike kat in die sak koop nie? Jeanmarie van Niekerk, studentewerwer van Akademia kuier op At Lunch om 'n paar vrae te beantwoord…
18 May 2023 3 min

Wagyuproduksie florerende mark

Suid-Afrika het tans sowat 140 Wagyu-boere wat dié liplekker vleis produseer, nie net vir die plaaslike mark nie, maar ook vir die internasionale mark. Elandri de Bruyn van die Wagyu-genootskap het met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor gesels …
18 May 2023 3 min

#BakkieArm samel R100 000 in vir Agri Securitas

‘n Bedrag van R100 000 is gister op NAMPO Park tydens Graan SA se Nampo Oesdag aan die Agri Securitas-trustfonds oorhandig ná OFM se suksesvolle #BakkieArm-fondsinsamelingsveldtog. Agri Securitas is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die verbetering van landelike veiligheid beywer. Elsabé Richard-May het ná dié oorhandiging met Agri SA…
18 May 2023 2 min

Agri SA - hier is ons met beurtkrag

Nicol Jansen, adjunk-president van Agri SA sluit by Pulane Nel-Sekepe aan om kwessies soos beurtkrag en wat Agri SA in hierdie vrerband vir sy lede doen, te bespreek.
17 May 2023 5 min

Verrykte suurstof kuur van Global Wellness

Marnitz Marais van Global Wellness kuier weer op Mid-Morning Magic met 'n alternatiewe produk om algemene gesondheid te verbeter. Jy kan hulle besoek in die Hopefield Saal tydens NAMPO.
17 May 2023 4 min

'Rooi goud' ook verbou in Karoo

Saffraan, ook bekend as rooi goud, is die duurste spesery ter wêreld teen sowat R250 000/kg. Dié prag-persblommetjies word tussen Williston en Calvinia in die Noord-Kaap deur ‘n passievolle saffraanprodusent - Bennie Engelbrecht - geplant en geoes. Hy gesels in ‘n tweedelige onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor.
17 May 2023 2 min

Hoe het #NAMPO2023 se eerste dag verloop?

Graan SA se NAMPO Oesdag het gister begin en OFM-nuus se Elsabé Richard-May woon hierdie groot landbouskou by. Sy het met die organisasie se Danie Minnaar gesels oor hoe die eerste dag verloop het.
17 May 2023 3 min

Kyk uit vir AgCo by NAMPO

Ryan Clark, Produkbestuurder: AGCO, Afrika kuier by Mid-Morning Magic om meer oor hul opwindende promosie asook nuwe perseel by NAMPO Park te deel.
17 May 2023 3 min

Safari Outdoor groot trekpleister by NAMPO

Een van die groot trekpleisters hier by Graan SA se NAMPO Oesdag is Safari Outdoor en dit lyk asof OFM se Jaco de Waal net nie genoeg kan kry nie... Jaco Brink, Algemene Bestuurder, kom loer weer in by Mid-Morning Magic.
17 May 2023 3 min

Agri SA oorsig van stand van landbou

OFM se luisteraars word omtrent bederf met van die grootste name in georganiseerde landbou op die lug… Agri SA se hoof-uitvoerende beampte Christo van der Rheede gee 'n kort oorsig te bied oor die stand van landbou in Suid-Afrika tans…
16 May 2023 3 min
60 – 80