JacPod True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale wat strek van die Wes-Kaap in die suide tot bo in Limpopo in die noorde van die land.

Seisoen 3 skop af met die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, wat sy stem leen om die storie te help vertel oor die Stander Bende.

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks.

Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:

* Top 5 Episodes op Spotify in 2024
* Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African
* Podcasters Guild Toekennings
* Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards
* Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards
* Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022

Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het.

Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Weekly Afrikaans South Africa True Crime
23 Episodes
20 – 23

Die Engel van Vanderbijl

In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True…
30 Aug 2022 39 min

Die Lotter Gesinsmoorde

Johnny en Riekie Lotter is in 2008 wreed in hulle huis in Westville, Durban, vermoor. Dit het gelei tot die ontrafeling van ‘n verhaal van beheer, okulte gedrag en leuens wat Suid-Afrika geskok het. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die eerste episode van True Crime South…
16 Aug 2022 1 hr 28 min

Splinternuut en eksklusiewe podgooi op JacPod

As jy hou van ware misdaad verhale, is hierdie 'n podgooi wat jy nie kan mis nie. 'n Eerste ooit vir JacPod, 'n nuwe reeks van ses Afrikaanse episodes waarin ons jou meer vertel oor van die mees berugte misdaad intriges ooit in Suid-Afrika. Luister van 16 Augustus 2022!
15 Aug 2022 1 min
20 – 23