JacPod True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale wat strek van die Wes-Kaap in die suide tot bo in Limpopo in die noorde van die land.

Seisoen 3 skop af met die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, wat sy stem leen om die storie te help vertel oor die Stander Bende.

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks.

Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:

* Top 5 Episodes op Spotify in 2024
* Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African
* Podcasters Guild Toekennings
* Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards
* Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards
* Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022

Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe:

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het.

Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Weekly Afrikaans South Africa True Crime
22 Episodes
1 – 20

Die moord op Isaac Miggels

Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie…
7 Apr 24 min

Die Modimolle Monster

Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in…
31 Mar 1 hr 05 min

Die moord op Lucky Dube

Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen…
24 Mar 36 min

Die moord op Jayde Panayiotou

Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks…
17 Mar 1 hr 10 min

Die Stander Bende, vertel met Joe Black

Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele…
10 Mar 31 min

Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode

Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende. Die ander ware misdaad verhale strek van…
5 Mar 1 min

Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker

Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié…
12 Aug 2024 24 min

Die dwelm duiwel op die skip se dek

In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm…
5 Aug 2024 34 min

Die Wemmer Pan reeks moordenaar

Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming…
29 Jul 2024 42 min

Die preker wat moord as kollekte geëis het

Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man…
15 Jul 2024 42 min

Die Springs Huis van Gruwels

Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die…
8 Jul 2024 50 min

Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het

Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in…
2 Jul 2024 50 min

Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe

Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van…
25 Jun 2024 36 min

Seisoen 2 bring meer ware misdaad verhale

Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die impak op die slagoffers van George in die Wes-Kaap tot in Pofadder in die Noord-Kaap. Luister van 25 Junie…
21 Jun 2024 1 min

Die Krugersdorp-moordenaars

Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie…
17 Nov 2022 1 hr 29 min

Die verdwyning van Natasha Viljoen

Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode…
10 Oct 2022 52 min

Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole

Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True…
26 Sep 2022 1 hr 22 min

Die Griekwastad Moorde

Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein gemeenskap en die land tot stilstand geskok toe hy skuldig bevind is. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad…
12 Sep 2022 1 hr 25 min

Die Engel van Vanderbijl

In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True…
30 Aug 2022 39 min
1 – 20