GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
95 Episodes
1 – 20

#ALT-Fokus - Jaco van der Merwe | 9 Oktober

Jaco van der Merwe, kreatiewe regisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym, gesels met Venita oor vanjaar se opwindende finaal wat op 12 Oktober by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasvind. Jaco deel insigte oor die vars talent, diverse genres en die innoverende klanke wat dié jaar se finaliste na die…
9 Oct 15 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer…
7 Oct 29 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruan Tennant | 6 Oktober

Ruan Tennat bring die VIBES en LEKKER musiek na #WeeksdaeVibesMetVenita! Hy gesels meersy nuwe enkelsnit 'HOEKA', die nuwe baadjie wat hy vir een van ons Afrikaanse TREFFERS aangetrek het en waar sy hart lê in hierdie industrie!
6 Oct 26 min

#ALT-Fokus Met Venita - GSTRiNG | 2 Oktober

Byna ’n jaar ná hul met Venita op #ALT-fokus gesels het oor hul debuutalbum Sonvlug gesels GSTRiNG wéér met Venita – hierdie keer oor hul splinternuwe album Pretoria. Wilhelm en Neelsie praat oor wat alles die afgelope jaar gebeur het, die stories agter die musiek, en hoe hulle dit regkry…
2 Oct 24 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Rock The Boat | 30 September

Die Suid-Afrikaanse country-rock-duo Rock The Boat kuier saam met Venita in die ateljee en gesels oor hul unieke weergawe van die John Waite classic - “Missing You. Wendy en Stuart deel hoe hulle die lied oopgekrap het tot sy emosionele kern en hulle eie harte binne die woorde kon vind…
30 Sep 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Phil Gregory | 29 September

Al die pad vanuit Londen gesels Phil Gregory met Venita oor sy splinternuwe enkelsnit “Footprint”, die storie agter die musiek en hoe selfs kort oomblikke ’n blywende indruk kan laat. Hy vertel ook meer oor sy komende EP én waar sy liefde vir Suid-Afrika vandaan kom.
29 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Teagan Migual | 26 Augustus

Centurion se nuutste opkomende ster Teagan Migual het 'n draai kom maak op #WeeksdaeVibesMetVenita! Wat 'n ongelooflike gesprek oor hoe mens die lig aand die einde van 'n baie donker tonnel vind met die regte mense aan jou sy om jou daardeur te lei.
26 Sep 19 min

#ALT-Fokus Met Venita - Almero | 25 September 

Woorde ontbreek om hierdie magiese oomblik saam met Almero op #ALT-Fokus te verduidelik! Venita en Almero gesels oor sy nuwe album ‘Kamer’ en die emosies wat hy moes deurwerk deur pen op papier te sit. Hy gesels ook oor die eerste enkelsnit van die album ‘Disaster Time’ wat hy saam…
25 Sep 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Jaakie | 23 September

Jaakie is die nuwe "cool kid on the block" en hy wil hê al die oë moet op hom wees met sy nuutste enkelsnitsnit " Check Vir My". Hy en Venita gesels oor waar dit alles vir hom begin het en hoe hy in 'n jaar se tyd dit kon…
23 Sep 14 min

#ALT-Fokus met Venita - Aya Nixon | 18 September

Aya Nixon is hierdie se HOOF-Fokus op #ALT-Fokus. Sy en Venita gesels oor alles van donker tye, lig aan die einde van die tonnel, haar EERSTE toer en hoe sy met haar musiek eksperimenteer om die "Aya-klanl" te ontdek! Haar nuutste enkelsnit "Alien In Die Karoo" is spesiaal vir almal…
18 Sep 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Triveno | 17 September

Niks is mooier as 'n kunstenaar wat die stories van sy hart met ons deel deur sy musiek nie! Triveno (of soos wat Venita hom gedoop het: "Die Kêrel van die Paarl") gesels oor hoe sy familie hom die HOOPstoot gegee het om sy nuutste enkelsnit "Ek Vir Jou" na…
17 Sep 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Zandri | 16 September

Zandri is terug by Venita om nuwe musiek te gesels! Haar nuutste enkelsnit 'Mielies' vra die belangrike vrae soos; voor wie sal jy 'n mielie eet? En wie maak jou op jou gemaklikste gedurende kwesbare tye?
16 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Melissa Jane | 9 September

Hierdie 23-jarige van Worcester bly dalk in 'n klein dorpie, MAAR haar passie vir musiek gaan haar nog die wêreld laat vol toer! Melissa Jane gesels met Venita oor hoe haar missie en visie is om mense te laat lag, goed voel en saam hulle liefde vir musiek kan deel…
10 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruderick Heuer | 3 September

Venita gesels met die talentvolle Ruderick Heuer oor sy splinternuwe enkelsnit, Skree Vir Altyd. Hulle delf ’n bietjie dieper in die storie agter die lied, die emosies wat dit geïnspireer het, en leer ook meer oor die mens agter die musiek.
10 Sep 19 min

#ALT-Fokus met Venita - Almero en Chris van Beljon | 4 September

Almero en Chris van Beljon vat ons na die Boesmanland en saam sit ons onder die Melkweg. Chris vertel hoe die liefde van sy lewe sy hart se stories wakker maak en hoe Almero dit reggekry het om sy hart deel te maak van die kuns agter dit alles! Boesmanland…
4 Sep 22 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Zonnebloem | 27 Augustus

Zonnebloem kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor haar debuut-enkelsnit “Weet weet jy”. Op 17-jarige ouderdom weet sy al klaar waarheen sy wil beweeg in haar loopbaan en die mense wie se harte sy wil aanraak met haar woorde
27 Aug 17 min
1 – 20