GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
103 Episodes
1 – 20

#ALT-Fokus met Venita - Liam de Koning | 23 Oktober

Liam de Koning is 'n jong man met BAIE talent en passie wanneer dit kom by musiek. Nadat Venita gebombadeer was met boodskappe van mense wat hom op haar radar wil plaas het sy DADELIK besef dat sy dieselfde moet doen vir JOU! Hy is beslis 'n musikant vir wie…
23 Oct 32 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Jamie Fine | 22 Oktober

Jamie Fine gesels met Venita oor haar nuwe enkelsnit "Homesick" - 'n liefdesbrief aan haar tuisdorp en sy mense. Jamie en Venita gesels oor die inspirasie agter die liedjie, die emosies wat sy moes deurwerk, en hoe sy dit reg kry om vir mense 'n spasie te skep waar hulle…
22 Oct 19 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Biki Baya | 20 Oktober

Venita gesels met Josua Vroegop, die Suid-Afrikaans-Nederlandse 'frontman' van Biki Baya, oor die storie agter hul debuut-enkelsnit “On My Way (Back Home)” – en hoe hulle humor, hart en menslikheid in een liedjie ingepas het. Met ’n klank wat grense oorbrug verduidelik Josua hoe die groep se unieke mengsel van…
20 Oct 28 min

#ALT-Fokus met Venita - The Parlotones | 16 Oktober

Venita sit die #HOOF-Fokus op The Parlotones gedurende #ALT-fokus. Kahn en Paul gesels oor hulle "Forgotten Songs Series" en die laaste vrystelling in die reeks. EP4: Fresh Takes and Forgotten Tapes gee vir ons liedjies wat jare terug geskryf is, maar nooit vrygestel was nie en ook van die band…
16 Oct 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Milan Mienie | 15 Oktober

Milan Mienie is 'n talentvolle mens wat die musiek industrie by die hornings aanvat met sy passie, storie en musiek. Hy gesels met Venita oor sy enkelsnit - "The Other Half Of Me", en sy ondersteuningsisteem wat hom help sy drome na jaag.
15 Oct 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Lunae Lane | 14 Oktober

Lunae Lane blaas nuwe asem in die rock-n-roll wêreld in met hul nuwe enkelsnit “Now You Know.” Hierdie Johannesburgse band gesels met Venita oor hoe hulle country, folk, blues en rock in ’n unieke klank omskep wat skree dis LUNAE LANE.
14 Oct 28 min

#ALT-Fokus - Jaco van der Merwe | 9 Oktober

Jaco van der Merwe, kreatiewe regisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym, gesels met Venita oor vanjaar se opwindende finaal wat op 12 Oktober by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasvind. Jaco deel insigte oor die vars talent, diverse genres en die innoverende klanke wat dié jaar se finaliste na die…
9 Oct 15 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer…
7 Oct 29 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruan Tennant | 6 Oktober

Ruan Tennat bring die VIBES en LEKKER musiek na #WeeksdaeVibesMetVenita! Hy gesels meersy nuwe enkelsnit 'HOEKA', die nuwe baadjie wat hy vir een van ons Afrikaanse TREFFERS aangetrek het en waar sy hart lê in hierdie industrie!
6 Oct 26 min

#ALT-Fokus Met Venita - GSTRiNG | 2 Oktober

Byna ’n jaar ná hul met Venita op #ALT-fokus gesels het oor hul debuutalbum Sonvlug gesels GSTRiNG wéér met Venita – hierdie keer oor hul splinternuwe album Pretoria. Wilhelm en Neelsie praat oor wat alles die afgelope jaar gebeur het, die stories agter die musiek, en hoe hulle dit regkry…
2 Oct 24 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Rock The Boat | 30 September

Die Suid-Afrikaanse country-rock-duo Rock The Boat kuier saam met Venita in die ateljee en gesels oor hul unieke weergawe van die John Waite classic - “Missing You. Wendy en Stuart deel hoe hulle die lied oopgekrap het tot sy emosionele kern en hulle eie harte binne die woorde kon vind…
30 Sep 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Phil Gregory | 29 September

Al die pad vanuit Londen gesels Phil Gregory met Venita oor sy splinternuwe enkelsnit “Footprint”, die storie agter die musiek en hoe selfs kort oomblikke ’n blywende indruk kan laat. Hy vertel ook meer oor sy komende EP én waar sy liefde vir Suid-Afrika vandaan kom.
29 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Teagan Migual | 26 Augustus

Centurion se nuutste opkomende ster Teagan Migual het 'n draai kom maak op #WeeksdaeVibesMetVenita! Wat 'n ongelooflike gesprek oor hoe mens die lig aand die einde van 'n baie donker tonnel vind met die regte mense aan jou sy om jou daardeur te lei.
26 Sep 19 min

#ALT-Fokus Met Venita - Almero | 25 September 

Woorde ontbreek om hierdie magiese oomblik saam met Almero op #ALT-Fokus te verduidelik! Venita en Almero gesels oor sy nuwe album ‘Kamer’ en die emosies wat hy moes deurwerk deur pen op papier te sit. Hy gesels ook oor die eerste enkelsnit van die album ‘Disaster Time’ wat hy saam…
25 Sep 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Jaakie | 23 September

Jaakie is die nuwe "cool kid on the block" en hy wil hê al die oë moet op hom wees met sy nuutste enkelsnitsnit " Check Vir My". Hy en Venita gesels oor waar dit alles vir hom begin het en hoe hy in 'n jaar se tyd dit kon…
23 Sep 14 min

#ALT-Fokus met Venita - Aya Nixon | 18 September

Aya Nixon is hierdie se HOOF-Fokus op #ALT-Fokus. Sy en Venita gesels oor alles van donker tye, lig aan die einde van die tonnel, haar EERSTE toer en hoe sy met haar musiek eksperimenteer om die "Aya-klanl" te ontdek! Haar nuutste enkelsnit "Alien In Die Karoo" is spesiaal vir almal…
18 Sep 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Triveno | 17 September

Niks is mooier as 'n kunstenaar wat die stories van sy hart met ons deel deur sy musiek nie! Triveno (of soos wat Venita hom gedoop het: "Die Kêrel van die Paarl") gesels oor hoe sy familie hom die HOOPstoot gegee het om sy nuutste enkelsnit "Ek Vir Jou" na…
17 Sep 13 min
1 – 20