Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
176 Episodes
160 – 176

Die Anglo-Boereoorlog

Die Anglo-Boereoorlog was ’n militêre stryd tussen die Boererepublieke (Transvaal en die Oranje-Vrystaat) aan die een kant en Groot Brittanje aan die ander kant, tussen 1899 en 1902. Brittanje wou Suid-Afrika oorheers, veral as gevolg van die ontdekking van goud. Daardie drang het in konflik gekom met die Boererepublieke se…
12 Jan 2024 38 min

Desmond Tutu

Vredemaker, vegter teen onregverdigheid. Pres. Cyril Ramaphosa beskryf hom as “die gewete van Suid-Afrika”.
12 Jan 2024 23 min

Christenskap

Christene is mense wat glo in die boodskap en leringe van Jesus Christus. Hulle is aanhangers van die Christelike godsdiens en behoort dus tot die Christelike geloof. As iemand aan die Christelike geloof behoort, word gesê dat hy of sy deel is van die Christendom en ook as Christen sy/haar…
12 Jan 2024 12 min

Britse lynskepe

Skepe is baie eeue gelede reeds gebruik om mense en goedere op water te vervoer.
12 Jan 2024 22 min

Brandstowwe

Alle masjiene in ons moderne tyd benodig energie om te kan werk. Ongeveer 90% van dié energie word verkry deur die verbranding van fossielbrandstowwe.
12 Jan 2024 9 min

Besoedeling

Om iets te besoedel, is om dit vuil te maak, te bemors of te besmet. Besoedeling is baie sleg vir die omgewing en kan mense, plante en diere siek en selfs dood maak. Besoedeling is ’n groot probleem en daarom moet elkeen van ons ons deel doen om ons planeet…
12 Jan 2024 10 min

Beeldhoukuns

Een van die belangrike maniere hoe beeldhoukuns van die meeste ander kunsvorme verskil, is dat beelde op byna enige plek gesien kan word – binne-in geboue, vas aan die buitekant van geboue en sommer enige plek buite in die natuur.
12 Jan 2024 14 min

Atome

ʼn Atoom is die kleinste deeltjie van ʼn element wat nog die eienskappe van daardie element vertoon. Hierdie deeltjie kan selfstandig of in verbinding met ander atome bestaan.
12 Jan 2024 10 min

Atmosfeer

Die atmosfeer van die aarde word ook die dampkring genoem en bestaan uit ’n mengsel van gasse wat waarskynlik van vulkaniese uitbarstings afkomstig is. Hierdie gasse lê reg rondom die aarde en word in plek gehou deur die aarde se aantrekkingskrag. ’n Mens kan amper sê dit lê soos ’n…
12 Jan 2024 14 min

Atlantiese Oseaan

Die Atlantiese Oseaan is die tweede grootste oseaan naas die Stille Oseaan. Die oseaan beslaan 106 400 000 km2 en is die seegebied tussen die westekant van Noord- en Suid-Amerika en die oostelike kuslyn van Europa en Afrika.
12 Jan 2024 9 min

Apartheid en segregasie

Suid-Afrika is bekend vir vele interessante dinge soos ons hutspot van kulture, diverse reeks van fauna en flora, ryk kultuurgeskiedenis en besonderse natuurskoon. Maar die land is ongelukkig ook bekend vir ’n onstuimige politieke verlede wat apartheid en segregasie ingesluit het.
12 Jan 2024 14 min

Antieke Egipte

Die groot beskawing van antieke Egipte het ongeveer vyfduisend jaar gelede in die vallei van die Nylrivier ontstaan. Dit was naastenby in die jaar 3100 v.C. Hierdie beskawing het vir meer as tweeduisend jaar lank bestaan en goed gefunksioneer totdat dit ongeveer teen die jaar 30 geëindig het. In die…
12 Jan 2024 15 min

Afrikaans

Die Afrikaanse spreekwoord “so gemaak, en so gelaat staan” is vir baie dinge waar, maar beslis nie vir Afrikaans nie. Afrikaans is die moedertaal van meer as ses miljoen Suid-Afrikaners (sowat 12,2%) en is, naas Zoeloe en Xhosa, die derde grootste taal in die land.
12 Jan 2024 14 min

Afrika

Afrika in sy geheel gesien, is hoofsaaklik ʼn arm en ylbevolkte vasteland. Die hele vasteland lê in tropiese en subtropiese streke, en sy totale oppervlakte beslaan ʼn landoppervlak van 30,37 miljoen vierkante kilometer of 20% van die landoppervlakte van die aarde. Dit is so groot dat ʼn mens die Verenigde…
12 Jan 2024 40 min

Afknouery

Afknouery is wanneer iemand opsetlik (doelbewus) en herhaaldelik (oor en oor) seergemaak word deur woorde of optrede, sleg voel as gevolg daarvan en dit moeilik vind om te stop wat met hulle gebeur. Afknouery of boeliegedrag is nooit reg nie en niemand verdien om geboelie te word nie.
12 Jan 2024 8 min

Aardbewings

Het jy al in jou bed gelê en skielik het dit gevoel of die hele kamer skud? Of op die bank gesit en televisie kyk en dan klink dit of die vensters bewe en uit hul rame gaan breek? Dan het jy waarskynlik ’n aardbewing gevoel!
12 Jan 2024 7 min
160 – 176