Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
236 Episodes
20 – 40

Marog

Marog, wat ook “misbredie” in Afrikaans genoem word, is nie net een spesifieke gewas nie. Dis die naam wat deur Afrika-gemeenskappe gebruik word om plaaslike blaargroente te beskryf.
12 Jun 14 min

Litosfeer

Die litosfeer is die laag van die aarde waar aardbewings gebeur, nuwe berge ontstaan, vulkane uitbars en waar oseane gevorm word.
8 Jun 17 min

Tropiese reënwoude

Tropiese reënwoude is digte, warm en nat woude waarin baie bome en ander plante groei.
8 Jun 23 min

Proteïene

Proteïene kom orals in jou liggaam voor. Dit is in jou spiere, bene, vel, hare en feitlik elke ander liggaamsdeel of weefsel.
8 Jun 15 min

Woestyne

Die hoofkenmerk van woestyne is dat dit baie min reën daar – gewoonlik minder as 250 mm reënval per jaar. Daarom is woestyne droog.
8 Jun 25 min

Volksverhaal

ʼn Volksverhaal ontstaan tradisioneel in die volksmond en word van geslag tot geslag oorvertel. Die doel van volksverhale is om sin te maak van menslike gedrag en die samelewing of om natuurverskynsels te verklaar. Vóór die ontwikkeling van skryfstelsels is volksverhale mondelings oorvertel of opgevoer.
8 Jun 4 min

Robbeneiland

Robbeneiland is veral bekend omdat dit die plek is waar Mandela vir soveel jare ’n politieke gevangene was, maar dié eiland speel al vir baie eeue op ander maniere ’n rol in die geskiedenis van Suid-Afrika, en behoort nie slegs as ’n tronk onthou te word nie.
8 Jun 19 min

Drama

Die woord "drama" beteken 'handeling' in Grieks en kan verwys na ʼn dramateks, sowel as die opvoering van ʼn dramateks.
8 Jun 6 min

Ongelykheid en armoede

Die woord ongelyk beteken dat hulle nie in alle opsigte dieselfde is nie en dat iets nie op dieselfde vlak is nie.
8 Jun 7 min

Adolf Hitler

Adolf Hitler (1889-1945) is vandag bekend as een van die brutaalste diktators in die geskiedenis. Hy het die Tweede Wêreldoorlog – die bloedigste oorlog ooit – begin deur Pole in te val. Hy was ook die meesterbrein agter die Joodse volksmoord
8 Jun 20 min

Steve Biko

Die aktivis Steve Biko was 'n invloedryke leier en word as die vader van die Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika beskou.
8 Jun 18 min

Nasiebou

Nasiebou behels om ’n land tot stand te bring wat stabiel en doeltreffend funksioneer, veral waar daardie land voorheen nie goed gefunksioneer het nie.
8 Jun 6 min

Insekte

Skoenlappers, bye, miere, sprinkane, naaldekokers, kewers en vlieë is almal deel van die enorme insekfamilie. As jy gedink het jy het ʼn groot familie, moet jy die insekfamilie sien. Hulle is soms klein tot piepklein, maar hulle vorm saam die grootste groep diere op ons planeet. Ongeveer 75% van alle…
8 Jun 9 min

Herwinning

Herwinning is wanneer nuwe produkte of items uit ou of gebruikte artikels gemaak word. Baie van ons rommel kan weer vir iets splinternuuts gebruik word. Herwinning word al vir honderde jare gedoen.
8 Jun 9 min

Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK)

Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) onder leiding van Desmond Tutu moes Suid-Afrikaners met hierdie proses help. Oor ʼn tydperk van twee jaar het die WVK 140 verhore landwyd gehou. Altesaam 21 400 slagoffers het verklarings ingedien, 27 000 slagoffers se name is opgeteken en 7 124 oortreders (mense wat iets verkeerd gedoen het) het…
8 Jun 16 min

Skoenlappers

Skoenlappers vorm die superfamilie Papilionoidea, wat deel is van die groot insekorde Lepidoptera, en staan ook in Afrikaans as "vlinders" bekend. Terloops, die Franse woord papillon beteken 'skoenlapper'.
8 Jun 15 min

Kuberboeliery

Misdaad is so oud soos die mensdom – van oorloë tot bakleiery, mishandeling en diefstal. Dit is alles vorme van misdaad. In ’n wêreld wat deesdae deur tegnologie beheer word, het ’n nuwe vorm van geweld sy kop uitgesteek – kubermisdaad, waarvan kuberboeliery deel uitmaak.
8 Jun 24 min

Kortverhaal

ʼn Kortverhaal is ʼn prosateks wat heelwat korter as ʼn roman is. Dit is een van die oudste vorme van storievertelling en is familie van die fabel, die mite, die volksverhaal, die sprokie, die anekdote en die gelykenis.
8 Jun 5 min

Masels

Het jy al masels gehad? ʼn Mens kry ʼn uitslag van klein, rooi kolletjies, jy het ʼn hoë koors en voel sommer net goor. Dit is ʼn oordraagbare siekte en een van die aansteeklikste siektes ter wêreld.
8 Jun 10 min

Periodieke tabel van elemente

Die periodieke tabel van elemente is ’n klassifikasiesisteem van die elemente waaruit die materie en materiale bestaan. Dit is ’n geordende rangskikking van al die simbole van die chemiese elemente in volgorde van toenemende atoomgetal.
28 May 9 min
20 – 40