Maroela Media Gesonde gesinne

Gesonde gesinne

In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Weekly Afrikaans South Africa Kids & Family Narrated by Lourindi Nel
63 Episodes
1 – 20

Gesonde gesinne | Lei met nuuskierigheid, nie beheer nie

Só skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan…
26 Sep 14 min

Gesonde gesinne | Veg, vlug of vries? Leer kalm reageer as ouer

Selfbeheersing is aansteeklik; as jy self die voorbeeld kan stel, sal jou kind jou navolg. Hierdie vaardigheid ontwikkel oor tyd deur selfrefleksie, ondersteuning en soms professionele leiding. Lourindi herinner ouers ook dat selfversorging nie ʼn luukse is nie, maar noodsaaklik.
29 Aug 18 min

Gesonde gesinne | Pa, hoe leer jy jou kind om emosioneel sterk te wees?

Volgens Marius beteken emosionele veerkragtigheid nie net om deur swaarkry te druk nie, maar om weer op te staan ná teleurstellings, mislukkings en konflik. “Kinders wat emosioneel veerkragtig is, kan hul emosies eien, verstaan en reguleer. Hulle laat nie toe dat struikelblokke hulle definieer nie,” sê hy.
18 Jul 6 min

Gesonde gesinne | Pa’s wat omgee is teenwoordig

Teenwoordigheid is nie perfeksie nie. Dit is bewuste betrokkenheid, en dit kan so eenvoudig wees soos onverdeelde aandag tydens ʼn gesinsmaaltyd of ʼn gesprek in die motor. Hierdie gesprek bied hoop en rigting aan pa’s wat voel hul kapasiteit is beperk. Die goeie nuus? Jy hoef nie perfek te wees…
27 Jun 10 min
1 – 20