Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
100 Episodes
80 – 100

Strandloper 2 – Episode 81

Engela en Stefan troef mekaar se kennis oor jellievisse op die strand. Dylan soek dringend hulp by sy agent, Engela, vir sy onderhoud met Estelle, die nuwe sakevrou op die dorp.
Season 1 / Episode 81 10 min

Strandloper 2 – Episode 82

Tannie Ouvrou en Betta val weg met voorbereidings vir Engela se groot boekbekendstelling. Oom Fred se ongeduld bring hom in die moeilikheid by die twee formidabele vroue.
Season 1 / Episode 82 10 min

Strandloper 2 – Episode 83

Bloubaai word getref deur een van die grootste rampe nóg met donker rookwolke wat oor die hawe hang. Die nuwe sakevrou, Estelle, skok almal met haar heldedaad.
Season 1 / Episode 83 10 min

Strandloper 2 – Episode 84

Stefan se opvolgduik na die wrak van die Santa Maria lewer nuwe inligting op. Willie besoek Engela in die hospitaal ná die ramp. Is daar meer as ʼn saketransaksie aan die gang tussen Willie en Estelle?
Season 1 / Episode 84 11 min

Strandloper 2 – Episode 85

Tannie Ouvrou waarsku Estelle oor Jack se manier van sake doen en berei haar voor op die ontmoeting met Dylan … Die onderhoud oortref albei se verwagtinge.
Season 1 / Episode 85 10 min

Strandloper 2 – Episode 86

Engela kry ʼn onverwagse besoek van Jack by die hospitaal, en hy verras haar met ʼn spesiale geskenk én reëlings oor haar boekbekendstelling. By Jack se hotel kry Engela ʼn skok wat haar in trane laat.
Season 1 / Episode 86 12 min

Strandloper 2 – Episode 87

Jack rig laataand per telefoon ʼn vreemde en dringende versoek aan Engela. Tannie Ouvrou maak ʼn afspraak met Jack oor ʼn saak wat swaar op haar hart lê, maar dit eindig in ontnugtering en teleurstelling.
Season 1 / Episode 87 11 min

Strandloper 2 – Episode 88

Oom Fred hoor ontstellende nuus van Stefan ná sy jongste duik. Die geheime rondom die vonds by die wrak van die Santa Maria begin vir Stefan sin maak. Dylan gee waardevolle inligting aan Oom Fred ná sy besoek aan Sun City.
Season 1 / Episode 88 11 min

Strandloper 2 – Episode 89

Betta is verstom oor die dinge wat Oom Fred op die strand aan haar uitwys. Op sy beurt is Oom Fred verbaas oor die dinge wat Betta hom vertel oor die dorp se vliegveld.
Season 1 / Episode 89 10 min

Strandloper 2 – Episode 90

Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met die spyseniering van Engela se groot boekbekendstelling. Dylan daag op met skokkende en hartseer nuus wat hul planne heeltemal omvergooi.
Season 1 / Episode 90 13 min

Strandloper 2 – Episode 91

Die dorp gons oor wie die nuwe eienaar van DYLANS gaan wees. Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met hulle spysenieringsopdragte: twee groot funksies op een dag! Nicolien kry skokkende nuus van Tannie Ouvrou.
Season 1 / Episode 91 11 min

Strandloper 2 – Episode 92

Nicolien is nog in skok oor die nuus wat sy gekry het oor haar biologiese pa. Sy het baie vrae, maar met wie kan sy daaroor praat? Stefan verras haar met sy Harley, en dit word ʼn middag wat Nicolien lank sal onthou.
Season 1 / Episode 92 12 min

Strandloper 2 – Episode 93

Dylan gee vir Oom Fred belangrike inligting oor Shorty en Pikkewyn ná sy besoek aan Sun City die vorige aand. Hy is uitstekend ingelig – hy weet selfs wie die nuwe eienaar van DYLANS is. Betta bel met die jongste nuus oor gebeure by die vliegveld.
Season 1 / Episode 93 12 min

Strandloper 2 – Episode 94

Visstok ondergaan ʼn gedaanteverwisseling. Hy wil Engela ʼn groot vraag vra en maak ʼn spesiale afspraak daarvoor, maar daar is ʼn misverstand. Die groot vraag van lank gelede bly steeds tussen hulle hang.
Season 1 / Episode 94 12 min

Strandloper 2 – Episode 95

Dis begrafnistyd op Melkhoutfontein, en die inwoners en Bloubaaiers bring hulde aan ʼn geliefde karakter in ʼn roerende seremonie. Buite die kerk gee Willie vir Engela nuus oor sy planne vorentoe wat haar skok en teleurstel.
Season 1 / Episode 95 15 min

Strandloper 2 – Episode 96

Engela se boekbekendstelling verloop nie sonder drama nie: Oom Fred kry ʼn besering, maar Jack de Wet sorg vir die grootste drama en die funksie loop die gevaar om in duie te stort. Dylan kom tot die redding.
Season 1 / Episode 96 11 min

Strandloper 2 – Episode 97

Stefan kry belangrike inligting by Visstok oor Lewies Deventer wat sy ondersoek na die dood van Mauritz se pa aanhelp. Uit Nicolien se dagboek blyk dit daar’s meer vrae as antwoorde oor haar biologiese pa. Hoekom lieg Oom Jack vir haar?
Season 1 / Episode 97 12 min

Strandloper 2 – Episode 98

Met Stefan se diep duik na die Santa Maria-wrak wag daar ʼn verrassing op hom wat dinge op land aan die beweeg sit. Met sy besoek aan ʼn sekere Oom Eric hoor hy ontstellende nuus oor Mauritz se pa se laaste duik.
Season 1 / Episode 98 11 min

Strandloper 2 – Episode 99

Oom Fred en Tannie Ouvrou spekuleer opnuut oor die oorsaak van die dood van Mauritz se pa, asook die jongste nuus van Stefan. Maar daar’s niemand wat soveel nuus het as Tant Betta, die Bostelefoon, nie. Sy verras Tannie Ouvrou met drie onthullings.
Season 1 / Episode 99 11 min

Strandloper 2 – Episode 100

Waarheen jaag Nicolien op haar bromponie met Stefan wat agterop sit? Die skooljuffrou dink sy gaan Stefan verras met ʼn vonds op die strand, maar dis hy wat haar verras met sy toekomsplanne.
Season 1 / Episode 100 13 min
80 – 100