Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
100 Episodes
60 – 80

Strandloper 2 – Episode 61

Tannie Ouvrou se terugkeer na Bloubaai vang Oom Fred heeltemal onkant, maar Nicolien is buite haarself van blydskap en baie dorpsnuus word uitgeruil. In die proses maak sy ʼn ontstellende ontdekking oor Oom Fred.
Season 1 / Episode 61 10 min

Strandloper 2 – Episode 62

Bobbi sien hoe die verhouding tussen Nicolien en Stefan by die hawe blom. Willie deel die toekomsplanne wat hy en Oom Fred vir Dylans het met Bobbi en sy is geskok. Dylan se televisieloopbaan skop af.
Season 1 / Episode 62 10 min

Strandloper 2 – Episode 63

Stefan se nieamptelike feesvideo oorrompel Engela. Sy kry boonop ʼn gratis les oor bloublasies van hom en Willie. Om dankie te sê nooi sy hulle uit na ʼn unieke kosdemonstrasie, maar net een van die manne sien hiervoor kans.
Season 1 / Episode 63 10 min

Strandloper 2 – Episode 64

Engela leer Willie suurvytjiekonfyt kook, maar sake vlot nie heeltemal nie, want Jack en sy planne met haar nuwe resepteboek se bekendstelling ontstel hom. Die kookles het tog ʼn verrassende einde vir Willie.
Season 1 / Episode 64 11 min

Strandloper 2 – Episode 65

Oom Fred word verras met ʼn partytjie – al is sy verjaarsdag verby. Sy grootste geskenk kom van Betta, en dit laat Tannie Ouvrou flou val van ontsteltenis. Nicolien en Mauritz se verhouding hervat op ʼn onseker noot.
Season 1 / Episode 65 13 min

Strandloper 2 – Episode 66

Mauritz se kuier in Bloubaai laat die kollig weer val op verhoudings: Hy en Stefan sorteer “beste vriend”-dinge uit, en dit lyk of die liefde tussen hom en Nicolien tog nie so erg geroes het nie.
Season 1 / Episode 66 12 min

Strandloper 2 – Episode 67

Tannie Ouvrou ontdek ʼn skokkende ding op die Skuitpad wat in haar afwesigheid gebeur het. Tye is aan die verander, ook by Dylans wat in die mark is. Bobbi en Tannie Ouvrou skinder oor Dylan se skreeusnaakse TV-ervarings.
Season 1 / Episode 67 10 min

Strandloper 2 – Episode 68

Mauritz sien met Stefan se feesvideo wat hy als misgeloop het in Bloubaai en watter goeie akteurs Oom Fred en Engela was. Hy kry raad oor langafstandverhoudings by die ervare Oom Fred.
Season 1 / Episode 68 12 min

Strandloper 2 – Episode 69

Willie en Stefan deel belangrike inligting met mekaar oor tergende geheime in Bloubaai. Nicolien en Mauritz se dag eindig met ʼn ete by kerslig en ʼn vraag wat albei diep laat dink.
Season 1 / Episode 69 13 min

Strandloper 2 – Episode 70

Die fliek Fiddler on the Roof gee vir Betta ʼn uitstekende plan om die liefdesvonk tussen Nicolien en Mauritz aan te blaas. Sy en Tannie Ouvrou klink selfs ʼn glasie op die liefde, maar is dit voortydig, of gaan die plan werk?
Season 1 / Episode 70 12 min

Strandloper 2 – Episode 71

Engela kom op ʼn praktiese manier agter hoe sleg oliebesoedeling op die strand is. Volgens Bobbi is Dylan ontnugter met die televisielewe. Maar sal hy kan terugkom, met Dylans in die mark en Jack wat sy oog op die plek het?
Season 1 / Episode 71 10 min

Strandloper 2 – Episode 72

Die boeteblik wat Betta ingestel het by Son en See is ʼn groot besprekingspunt tussen Tannie Ouvrou en Oom Fred. Ná al die jare stoei Tannie Ouvrou met ʼn groot vraag wat sy destyds nooit gevra het nie.
Season 1 / Episode 72 12 min

Strandloper 2 – Episode 73

Bobbi se laaste kuierdag word gevier met Viskopsop en vars brood. Die kookles word ʼn groot kuier rondom die potte met Engela, Tannie Ouvrou, die befaamde Julia Child en Betta – wat skielik vertrek toe die deksel gelig word.
Season 1 / Episode 73 12 min

Strandloper 2 – Episode 74

Stefan trek waardevolle inligting uit Oom Fred oor ene Lewies Deventer op wie se spoor hy is. Ook Willie se inligting oor die man interesseer hom. Engela deel iets oor Jack wat sy per toeval gehoor het, wat groot agterdog wek.
Season 1 / Episode 74 11 min

Strandloper 2 – Episode 75

Nicolien het ʼn onwelkome, lastige gas in haar buitelugklas by die hawe, maar die leerlinge is mal oor hom. Nicolien en Mauritz se laaste kuierdag saam is soos van ouds. Sy sorg vir ʼn uitklophou met haar laaste vraag aan hom.
Season 1 / Episode 75 13 min

Strandloper 2 – Episode 76

Oom Fred word verras deur die nuwe loseerder by die Son en See. Hy en Willie se geskeduleerde vergadering ontaard in verrassing op verrassing.
Season 1 / Episode 76 10 min

Strandloper 2 – Episode 77

Stefan se ontmoeting met die nuwe loseerder van die losieshuis oortref sy stoutste verwagtinge. ʼn Diep duik van Stefan lewer ʼn vonds op wat hom en Willie onkant vang.
Season 1 / Episode 77 11 min

Strandloper 2 – Episode 78

Willie en Stefan moet planne beraam ná die skokontdekking by die wrak van die Santa Maria. Dylan is terug in Bloubaai, en die poppe dans toe hy uitvind dat die koffiekiosk, Dylans, in die mark is.
Season 1 / Episode 78 10 min

Strandloper 2 – Episode 79

Engela is oorstelp van blydskap oor ʼn besonderse pakkie wat aankom … en bieg oor ʼn hartsaak teenoor Tannie Ouvrou. Jack verras Engela met sjampanje en vier ʼn besonderse geleentheid saam met haar.
Season 1 / Episode 79 10 min

Strandloper 2 – Episode 80

Die nuwe loseerder, Estelle, kry waardevolle inligting by Oom Fred oor die dorp en sy mense. Estelle word nie geïntimideer deur Jack se boelietaktiek nie.
Season 1 / Episode 80 9 min
60 – 80