Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
100 Episodes
40 – 60

Strandloper 2 – Episode 41

Oom Fred se plan om met Willie oor Dylan te gaan praat word deur Betta onderskep. Nicolien ontvang ʼn onverwagse besoek.
Season 1 / Episode 41 10 min

Strandloper 2 – Episode 42

Oom Fred is in ʼn toestand met die herinnering aan die nag op see wat ʼn einde gemaak het aan sy seeloopbaan. Dylan besef hy staan met sy rug teen die muur wat sy toekoms betref.
Season 1 / Episode 42 10 min

Strandloper 2 – Episode 43

Oom Fred vertel nie vir Tannie Ouvrou van sy gesprek met Dylan nie. Wanneer sy egter onraad bemerk, besluit hy om die saak te ontlont en haar liewer te sê wie elke jaar vir hom blomme stuur op sy verjaarsdag. Nicolien soek Jack op om ʼn guns te vra.
Season 1 / Episode 43 9 min

Strandloper 2 – Episode 44

Jack nader Engela met ʼn versoek wat haar laat afsien van haar plan om ʼn sopkombuis te begin. Engela begin al hoe meer van Jack hou. Jack vertel vir Nicolien wie haar pa is.
Season 1 / Episode 44 10 min

Strandloper 2 – Episode 45

Nicolien sien baie uit na Mauritz se eerste kuier. Dylan klop nauurs aan Nicolien se deur met ʼn ongewone versoek. Nicolien kan die nuus wat Jack haar vertel nie langer geheim hou nie.
Season 1 / Episode 45 11 min

Strandloper 2 – Episode 46

Groot opgewondenheid heers op Bloubaai met nuus oor die Afrikaans 100-fees. Visstok kry ʼn spesiale opdrag, en Engela doen iets wat hom hoop gee om haar guns te wen.
Season 1 / Episode 46 12 min

Strandloper 2 – Episode 47

Tannie Ouvrou vertrek op kort kennisgewing uit Bloubaai en vra vir Betta om vir haar by Son en See in te staan. Betta sien dit as haar geleentheid om die losieshuis reg te ruk, en dit lei tot moleste met Oom Fred.
Season 1 / Episode 47 10 min

Strandloper 2 – Episode 48

Willie raak bekommerd oor dinge wat die perlemoen bedreig – en dit is nie net die stropers nie. Engela probeer hom opbeur. Sal Willie die moed bymekaarskraap om vir Engela se liefde te veg?
Season 1 / Episode 48 11 min

Strandloper 2 – Episode 49

Stefan spot Nicolien met haar voorbereiding vir Mauritz se volgende kuier op Bloubaai. Voorbereidings vir die Afrikaans 100-feesprogram kry momentum … Dis ʼn wedloop teen tyd, vol uitdagings.
Season 1 / Episode 49 10 min

Strandloper 2 – Episode 50

Jack hoop om munt te slaan uit die Afrikaans 100-feesvieringe en sit buitengewone druk op Engela. Sy besef daar’s meer maatskaplike probleme in Bloubaai as net die perlemoenstropery.
Season 1 / Episode 50 10 min

Strandloper 2 – Episode 51

Die nadraai van Jack en Engela se jaagtog na die hospitaal lei tot ʼn verrassende insig in wie en wat Jack de Wet is. Hy moet sy toevlug neem tot pille vir ʼn ou siekte wat weer kop uitsteek.
Season 1 / Episode 51 11 min

Strandloper 2 – Episode 52

Die Bloubaaiers is onder groot druk met voorbereidings vir die Afrikaans 100-feesprogram. Nicolien sukkel om haar teleurstelling oor Mauritz te verwerk. Hoekom het Jack ʼn sagte plek vir Nicolien ontwikkel?
Season 1 / Episode 52 11 min

Strandloper 2 – Episode 53

Oom Fred is bekommerd oor Boesman wat soek geraak het – met rede. Jack moedig Stefan aan om die fees te gebruik om nader aan Nicolien te kom. Sal Stefan in sy goeie vriend, Mauritz, se slaai krap?
Season 1 / Episode 53 10 min

Strandloper 2 – Episode 54

Stefan bied aan om Nicolien te help met die verfilming van ʼn TikTok-video van Visstok wat die dorp se walvisvlot vir die fees maak. Daar is besliste verskille in die twee se artistieke benadering, en hulle sit gou-gou vas.
Season 1 / Episode 54 13 min

Strandloper 2 – Episode 55

Willie vrees dat Dylan nie besef hoe gevaarlik die opdrag is wat Kaptein Van Niekerk hom gegee het nie. Dylan se fokus is al hoe meer op sy aanhangers op sosiale media. Gaan hy sy rieme styfloop met die stropers?
Season 1 / Episode 55 11 min

Strandloper 2 – Episode 56

Nicolien en Engela se opgewondenheid vir die fees neem toe soos hulle aan die kostuums vir die optog werk. Willie twyfel al hoe meer in homself, en sy depressie neem toe.
Season 1 / Episode 56 11 min

Strandloper 2 – Episode 57

Jack is opgewonde oor sy idee om ʼn tydelike restaurant op die strand oop te maak vir die Afrikaans 100-feesgangers. Willie begin sy instink vertrou en vra Jack ongemaklike vrae. Die vriendskap tussen Willie en Visstok kry ʼn nuwe dimensie.
Season 1 / Episode 57 11 min

Strandloper 2 – Episode 58

Eindelik breek die groot dag aan: Die feesvieringe begin vir die Afrikaans Amptelik 100-verjaarsdag. Dit skop af met Jack se groot pretwedloop, maar dinge loop skeef toe Dylan nie by die wedloop opdaag nie.
Season 1 / Episode 58 11 min

Strandloper 2 – Episode 59

Fred se nagmerrie oor Boesman is ontstellend, en hy nader Willie om hulp. Dylan en Stefan stel ondersoek in by die huis van ʼn stroper … met ʼn verrassende resultaat.
Season 1 / Episode 59 11 min

Strandloper 2 – Episode 60

Dis die dag van die groot feesoptog in Bloubaai. Tussen die pret en plesier is daar ʼn yslike verrassing vir Oom Fred. Dylan veroorsaak konsternasie … en dinge is aan die gebeur tussen Stefan en Nicolien.
Season 1 / Episode 60 11 min
40 – 60