Waarheen jaag Nicolien op haar bromponie met Stefan wat agterop sit? Die skooljuffrou dink sy gaan Stefan verras met ʼn vonds op die strand, maar dis hy wat haar verras met sy toekomsplanne.
Oom Fred en Tannie Ouvrou spekuleer opnuut oor die oorsaak van die dood van Mauritz se pa, asook die jongste nuus van Stefan. Maar daar’s niemand wat soveel nuus het as Tant Betta, die Bostelefoon, nie. Sy verras Tannie Ouvrou met drie onthullings.
Met Stefan se diep duik na die Santa Maria-wrak wag daar ʼn verrassing op hom wat dinge op land aan die beweeg sit. Met sy besoek aan ʼn sekere Oom Eric hoor hy ontstellende nuus oor Mauritz se pa se laaste duik.
Stefan kry belangrike inligting by Visstok oor Lewies Deventer wat sy ondersoek na die dood van Mauritz se pa aanhelp. Uit Nicolien se dagboek blyk dit daar’s meer vrae as antwoorde oor haar biologiese pa. Hoekom lieg Oom Jack vir haar?
Engela se boekbekendstelling verloop nie sonder drama nie: Oom Fred kry ʼn besering, maar Jack de Wet sorg vir die grootste drama en die funksie loop die gevaar om in duie te stort. Dylan kom tot die redding.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.