Welcome to SimplyBiz® Verander Rat Podcast-reeks

Verander Rat Podcast-reeks

Entrepreneurskap is 'n reis, en elke besigheid bereik 'n punt waar dit moet draai, verfyn of skaal. Dis waar Verander Rat inkom. Hierdie 4-delige podcast-reeks is ontwerp om jou te help om te bepaal waar jy is, jou strategie aan te pas en dapper stappe in die rigting van sakesukses te neem.

Beskikbaar in Engels, Afrikaans, isiZulu en seSotho, elke episode pak 'n sleutelstap uit die Verander Rat Toolkit uit, wat jou deur praktiese aksies lei om jou besigheid vorentoe te beweeg.

Of jy nou jou sakemodel heroorweeg of bloot jou benadering verfyn, Verander Rar is hier om jou te help om na die volgende fase van sukses oor te skakel. Skakel nou in en begin jou transformasie.
Afrikaans South Africa Business · Management
4 Episodes

Episode 2: Ideeeer en innoveer – Ontsluit jou besigheid se kreatiewe potensiaal.

Kreatiwiteit is nie net vir kunstenaars nie - dit is 'n sleutelbestanddeel vir besigheidsukses. In Episode 2 van die Vernader Rat Podcast, lei gasheer, Reginald Hufkie, jou deur Stap 3 van die gereedskapstel, wat jou help om vars idees te ontwikkel wat ooreenstem met jou besigheid se sterkpunte en markbehoeftes…
Season 1 / Episode 2 27 min

Episode 3: Bekragtig en beplan – Bou jou padkaart na besigheidsukses

Groot idees het soliede fondamente nodig! In Episode 3 van die Verander Rat Podcast, neem gasheer, Reginald Hufkie, jou deur Stap 4: Bekragtig jou nuwe rigting en Stap 5: Ontwikkel jou transformasieplan—twee belangrike stappe om te verseker dat jou besigheid gebou is vir langtermyn sukses. Voordat jy in 'n groot…
Season 1 / Episode 3 16 min

Episode 4: Implementeer en pas aan – Omskep planne in aksie.

Jy het beplan, jy het bekragtig—nou is dit tyd om dit te laat gebeur! In Episode 4 van die Verander Rat Podcast neem gasheer, Reginald Hukfie, jou deur Stap 6: Implementeer jou plan en sluit die reeks af met noodsaaklike insigte om jou besigheid se spilpunt tot lewe te bring…
Season 1 / Episode 4 10 min