JacPod 100 Jaar van Afrikaans

100 Jaar van Afrikaans

In 2025 vier Afrikaans ‘n honderd jaar van amptelike erkenning, maar haar verhaal strek reeds eeue terug, en daar is dié wat glo haar storie begin nou eers wortel skiet.
In dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks, delf Jacranda FM Nuus se redakteur en nuusleser, Marlinée Fouché, in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans. Die eerste woorde is reeds in 1559 opgeteken, die eerste alfabet is in Arabies geskryf en aanvanklike pogings om die taal in eie reg te erken, was lewensgevaarlik.
Kom luister saam na Afrikaans se geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare – en waarheen die taal op pad is.
Occasionally Afrikaans South Africa Society & Culture · News Commentary
3 Episodes

Hoe rugby en gholf Afrikaans nuwe woorde gegee het

In Afrikaans se verjaarsdag maand vier ons sport se bydrae tot die skep van nuwe woorde. Dit was juis 'n toets tussen die Springbokke en Nieu-Seeland meer as 'n honderd jaar terug wat noodgedwonge gelei het tot uitdink van die woord "skepskop" - die sport was daar, maar te min…
12 May 24 min

Hiér lê Afrikaans se wortels

Afrikaans vier in 2025 ’n honderd jaar as amptelike landstaal. Terwyl daar makietie gehou word, is dit egter nie duidelik presies wanneer en waar Afrikaans gebore is nie. Die eerste kommunikasie tussen plaaslike inwoners en destydse seevaarders was wel wat ons vandag beskou as die eerste kontak met Afrikaans. In…
7 May 21 min

Afrikaans word 100, en ons hou makietie!

Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaarsdag as amptelike landstaal, dra Jacaranda FM Nuus dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks op aan Afrikaans se diverse erfenis en eeue-oue verhaal. Kom luister saam na die taal se ryk geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheisdwêreld gespeel het in haar vormingsjare…
6 May 1 min