JMMM - Woensdag 3 Maart
Loading player...
Op Woensdag, 24 Februarie 2021, het GROOTfm 90.5 saam met die span van B Loved Foundation en PEN, Alpha Pharm en Pharma Valu in die middestad gaan kuier. Die jong vroue wat ons by ‘n aangewese gebou ontmoet het, is slagoffers van mensehandel. Mishandel. Misbruik. B loved foundation het vir hulle maaltye geneem. En, Alpha Pharm en Pharma Valu geskenkpakkies vol sanitere produkte wat insluit seep en lekkerruik-spuit.
Die hele oggend deur spoel die gelykenis van die verlore seun in my kop. En ek glo met my hele hart, net soos die pa waarvan die gelykenis vertel, het God nie van hulle vergeet nie. Hoe kan Hy? Hierdie jong vroue is gebore vir ‘n rede. Hulle is, net soos ek en jy, perfek geskape. Hy wag vir elkeen van hulle, en klop aan ‘n gekraakte deur. Een wat net Hy kan heelmaak. Hy wag vir hulle om Hom te vind, sodat Hy hulle gebroke gees en vlees kan genees. Sodat hulle kan sien wie hulle is in Christus Jesus, as ‘n perfekte geskapene. Hierdie jong vroue, wat dalk nou in boeie van omstandighede en minderwaardigheid vasgeketting is. Ons gesels met Mamma V, ‘n Formidabele vrou met ‘n Dawidshart oor die pad wat sy stap met die vroue.
Ons gesels ook met Ellen, voorheen bekend as Pinky, oor haar lewe – toe en nou.
Sommige van ons kan hierdie jong vroue maklik sien as ‘n verlore gemeenskap van verlore siele. Maar, met behulp van rolspelers en Sy onstuitbare plan vir hulle, vind hulle tog mekaar. Vind hulle tog verhouding. Vind hulle uit wat die eintlike waarheid en bekenisvolheid van hulle bestaan is. Kom ons wees die rolspelers wat hulle help om gevind te word. Sodat ons uiteindelik, die kalf kan spit en hulle tuiskoms kan vier.
Lukas 15:20 – ‘Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog ’n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap.’