Poskantoor maak plan met lang rye

Loading player...
Die Poskantoor het ‘n plan beraam om lang rye vir die spesiale Covid-19-toelae van te verkort.
Johan Kruger sê voortaan sal die laaste drie syfers van elke begunstigde se ID-nommer bepaal op watter dag van die week hulle die drie-honderd-en-vyftig-Rand toelaes kan gaan afhaal.
Dit geld vir poskantore in Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat.
Verder is die eerste week van elke maand toegewy om toelaes vir ouer mense, mense met gestremdhede en kinders uit te betaal.
Kruger verduidelik dat dit sosiale afstand-reëls vergemaklik.
3 Mar 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 6AM 1 min

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min