Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort
Loading player...
Die vier-en-sestigjarige Sien Venter, ‘n vlieënier van die Letaba Fire Protection Association, is vanoggend oorlede toe die vliegtui waarin hy was, neergestort het.
Volgens Maritza Swanepoel, woordvoerder van die Letaba Fire Protection Association, was hy die enigste insittende.
Hy was op pad van Tzaneen, in Limpopo, na Mbombela. Die vliegtuig het naby Swadini neergestort.
‘n Airforce Oryx-helikopter is na die toneel ontbied om die wrak te help opspoor. Dit is intussen gevind.
Die burgerlugvaartowerheid het nog nie verdere besonderhede oor die voorval bekendgemaak nie.