Verskeie Laeveld-paaie gesluit weens proteste
Loading player...
Die gemeenskap van Marite hou vol om die pad na Numbi-hek te blokkeer. Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, voer aan dat hulle aandring op die arrestasie van 'n verdagte wie se vriendin verdwyn het.
Inwoners van Lydenburg het vanoggend ook hul protes teen Thaba Chweu-munisipaliteit wat Vrydag begin het, voortgesit.
Die munisipaliteit dreig glo om wanbetalende inwoners se elektrisiteit en water af te sny.
Tans is die pad na Mashishing steeds gesluit.