Thaba Chweu-proteste kring uit na Sabie
Loading player...
Betogers het vanoggend in Sabie teen Thaba Chweu-munisipaliteit begin betoog.
Binnebande is gebrand op die pad wat van Lydenburg inkom, maar motoriste is toegelaat.
Protesteerders het toe na die munisipale kantor in Sabie opgeruk.
Geweldadige betogings woed al sedert Donderdag teen die munisipaliteit in Lydenburg.
'n Usave-winkel is gister in Mashishing afgebrand.
Polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sê sewe van die dertien mense wat Maandag gearresteer is, is laat gaan.
Die ander ses moet die vyftiende weer in die hof verskyn.