
Ep. 8 ‘n Seun moet voel hy’t ‘n pa
Loading player...
Meer as 60% van die kinders in Suid-Afrika word sonder ‘n pa groot. Dan is daar seuns met pa’s wat fisiek teenwoordig is, maar op ander vlakke afwesig. In sy boek "Seuns sonder pa’s" ondersoek joernalis Julian Jansen die oorsake en gevolge van hierdie diep verwonding en vertel hy die verhaal van sy eie pa: die held, maar ook die skurk van hulle gesin. Julian gesels met Mariette Snyman oor sy boek, nuwe navorsing oor vaderloosheid, en praktiese en geestelike oplossings.