#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI
Loading player...
Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en noodgedwonge vir donasies vra van vriende en familie, net om te kon oorleef.
In Januarie 2021, toe die ondersteuning nie langer volhoubaar was nie – omrede almal finansieel begin sukkel het na die inperking – het Eben en Zelda geweet hulle gaan ‘n plan moet maak. Een middag, toe hulle verby Zandfontein begraafplaas ry, het Zelda gesien hoe verwaarloos die grafte lyk. Sy het aan haar man genoem dat hulle die grafte kan begin skoonmaak vir ‘n inkomste.
Eben was eers huiwerig, maar na oortuiging van sy vrou, besluit hulle om voort te gaan, en boonop ook om ‘n naam vir die nuwe besigheid te gee – ‘Engele rondom ons’.
‘Engele Rondom Ons’ bied vandag ‘n reeks tuindienste – van skoon- en mooimaak, tot skoon - en mooi hou – met ‘n slagspreuk wat lui: ‘Laat die Engele help om u geliefdes se rusplekkie skoon en netjies te hou’.
Vir Eben en Zelda is hierdie ‘n lekker werk. Rustig, sonder kantoor-politiek – sê hulle tong-in-die-kies. Hulle grootste wens is dat ‘Engele Rondom Ons’ sal ‘GROOT GAAN’. Hulle gesindheid is inspirerend, met die dat hulle ‘n dorre hartseer vir iemand kan inkleur.