
Boekkeuse - 17 March 2021
Loading player...
Ons program vandag fokus op fiksie – drie romans, Slagoffer van Francois Smuts, Hugo Claus se Verdriet in België, en Henda Olivier se Die goeie suster. Ook De Waal Venter se vertaling van Tomas Tranströmer se gedigte uit Sweeds. Kinder-en jeugboeke kry aandag, asook Richard Steyn se biografie oor genl. Louis Botha. Spesiaal vandag is ons bekendstelling van Joan Hambidge se jongste digbundel, Konfessies, kaarte en konterfeitsels, wat pas verskyn het.