In jou huis-konserte skop af met Jo Black

Loading player...
Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie plaas kan vind nie.
Volgens Sandra Jacobs, bemarkingbestuurder van die kunstefees, hoop hulle om dit voor die einde van die jaar te kan aanbied - mits beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word.
Intussen hou hulle bietjie-bietjie Bos.
In samewerking met Radio Laeveld sal ses huiskonserte oor die volgende ses maande in die Laeveld aangebied word wat lewendig op die radio uitgesaai sal word.
Eerskomende naweek skop dit af met Joe Black regstreeks op Radio Laeveld 100.5FM. Die uitsending begin om 19:00.
23 Mar 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min