#JOUMENSEMYMENSE 24 MAART
Loading player...
Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van 2, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n spesialis dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders begin gesit het. Hy het ook nie gekruip nie, maar eerder gerol na waar hy wou wees. Hy het ook baie later eers begin loop. Ma Klara en die familie het vir jare lank gewonder wat makeer.
‘n Dokter van Amerika het hom toe gediagnoseer met Proteus-sindroom. Hy is tans die eerste mens in Suid-Afrika, en een van 13 in die Wêreld wat hieraan ly. Dit is bene wat oormatig groei. Hy het ongelooflik baie operasies al oorwin, net 20 hiervan was in sy ore. Daar is baie bene wat tans groei in sy oor-kanaal, wat sy gehoor aantas. Jaun dra tans ‘n gehooraparaat sodat hy beter kan hoor.
Die Prosteus-sindroom veroorsaak geweldige hoofpyne, en Jaun lewe tans op pynpille. Die Fourie-gesin het ook onlangs uitgevind van 5 gewasse op sy brein. Dokters kan nie opereer of ‘n biopsie doen nie, oor die hoë risiko wat verbonde is hieraan. Hulle kan niks vir hom doen nie, behalwe om hom gemaklik te hou.