Geen arrestasies nog na moord op Paassondag in Barberton
Loading player...
Die polisie het nog niemand aangekeer na ‘n skietery Sondag in Barberton ‘n man se lewe geëis het nie.
Twee mans is tydens ‘n dispuut tussen twee sokkerspanne geskiet en na Barberton-hospitaal geneem, waar ‘n groep mans glo uit wraak die man geskiet wat een van die gewonde spelers hospitaal toe geneem het.
Sy kar is ook aan die brand gesteek. Hy is later dood.
‘n Saak van moord en twee van poging tot moord is geopen.