Private sektor doen beroep op regering om in te gryp by MTPA-staking
Loading player...
Georganiseerde toerisme in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die provinsiale regering om 'n einde te maak aan die onwettige staking deur MTPA-werknemers.
Die parke agentskap se reservate is al sedert Dinsdag gesluit.
Oupa Pilane, wat die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa Mpumalanga verteenwoordig, sê toerisme kan dit nie bekostig nie, omdat die bedryf reeds op sy knieë is weens internasionale inperking.
Die LUR sou gister met Nehawu vergader, maar dit sal na verwagting eers vanmiddag gebeur.