Premier besoek baba wie se hand geamputeer is
Loading player...
Die premier het ook haar skok uitgespreek oor ‘n drie-week-oue baba wie se hand geamputeer is in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas.
Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister, saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, die baba se gesin besoek.
Die baba is aanvanklik vir diarree opgeneem. Weens komplikasies is haar hand geamputeer. Sy is intussen na Witbank-hospitaal oorgeplaas.
Die premier het die gesin verseker dat ‘n volledige ondersoek gedoen sal word na die omstandighede wat tot die amputasie gelei het.