Krugerwildtuin kry eerste vroulike hoofveldwagter
Loading player...
Cathy Dreyer is aangestel as die eerste vroulike hoofveldwagter van die Nasionale Krugerwildtuin.
Dreyer is tans die hoof van bewaring by die Addo-olifant Nasionale Park. Sy begin op 1 Mei in haar nuwe posisie by die wildtuin.
Sy vervang Ken Maggs, wat afgetree het na amper 40 jaar by Sanparke.
Wildtuin-woordvoerder, Ike Phaahla, sê sy het baie ervaring in terme van mensebestuur, strategie en leierskap en was die beste kandidaat.