
Ep.13 Só kan jy in moeilike omstandighede floreer
Loading player...
Een ding wat vasstaan, is dat niks bly soos dit is nie – veral wanneer ‘n pandemie die wêreld tref. Die meeste van ons moes emosionele, finansiële, gesondheidsverwante of ander krisisse die hoof bied. Baie van ons probeer steeds die mas opkom. Wat bepaal of ons onder die omstandighede opstaan of bly lê? Ilse Salzwedel gesels met Mariette Snyman oor haar selfhelpboek, "Floreer", met sy aangrypende verhale en duidelike riglyne oor hoe om ‘n betroubare hulpbron te ontwikkel: veerkragtigheid.