Dasha Foundation baat by Innibos se eerste huiskonsert

Loading player...
Antoinette en Jacques Goosen was die eerste gashere van Innibos se huiskonserte verlede maand.
Die reeks word deur kykNET geborg en elke maand by 'n ander Laeveldse inwoner aangebied. Hulle kan dan vriende nooi en almal ander kan die konsert luister op 100.5FM.
Gaste word ook gevra om geld te skenk, wat die gaste dan aan 'n welsynsorganisasie van hul keuse kan skenk.
Die Goosens het Dasha Foundation gekies, en kon R3 000 aan dié skool vir gestremde leerlinge skenk.
16 Apr 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min