Twee mans vermoor in groepsgeweld
Loading player...
Twee mans is die week dood in afsonderlike gevalle van groepsgeweld in Bosbokrand.
Volgens kolonel Donald Mdhluli was die eerste voorval Woensdag toe drie gewapende mans ‘n winkeleienaar in Zoeknog probeer beroof het.
Hy het alarm gemaak. Twee aanvallers kon vlug, maar die een wat agtergelaat is, is deur lede van die gemeenskap vasgebind en aangerand tot hy dood was.
Donderdag is ‘n 38-jarige man dood in Majembeni-trust. Hy is na bewering betrap terwyl hy ‘n bejaarde vrou verkrag het, en gemeenskapslede het hom ernstig aangerand tot hy dood is.