Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos
Loading player...
As jy ‘n ‘scooter’ op die N4 stoot met jou CV agterop, en jou kinders en vrou weet nie daarvan nie…
Dit was ‘n baie emosionele oomblik toe Jakes de Vos met ons meedeel dat hy hierdie vanaf verlede jaar doen net nadat hy sy werk by ‘n suksesvolle kontrakteursmaatskappy verloor het – as gevolg van die inperking. Jakes de Vos en sy vrou, Anna, woon al vir die afgelope agt jaar in Jopie Fourie straat in Wolmer. Jakes moes noodgedwonge sy voertuig verkoop om vir sy gesin van 5 te sorg – drie seuns en twee dogters. Nadat hulle die voertuig verkoop het, het iemand ‘n tweede-handse ‘scooter’ aan Jakes verkoop. Die ‘scooter’ het intussen onklaar geraak.
Jakes en Anna se trane lê vlak soos hulle ons met desperaatheid dog soveel nederigheid vertel waardeur hulle is. Dat hulle gedink het die Here het van hulle vergeet. Jakes het buiten die moeite wat hy doen om sy CV sigbaar te maak, ook herwinbare materiaal uit asblikke versamel, wat hy kon inruil vir geld – weereens, sonder dat sy vrou en kinders daarvan weet.
Ons het na die naaste SPAR toe gery, en vir hulle kruideniersware gekoop. Hulle laaste (en enigste) ete was die vorige dag – ‘n kaas en tamatie toebroodjie. Nadat ons die kruideniersware ingedra het, het Jakes gevra of hy vir ons kan bid. Hy het vir die Here gesê: ‘Dankie dat U nie van ons vergeet het nie…Here, U weet hoe lank terug hierdie huis hierdie hoeveelheid kos gesien het. Seën hulle, mag al hulle drome waar word.’ Hierdie woorde en oomblik van dankbaarheid sal ons nooit vergeet nie.