#JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’
Loading player...
Ria Smit het aan ons ‘n epos gestuur waarin sy ‘n hulpkreet rig namens haar 57-jarige broer, Petri Nortje. Petri is n Tipe 1 diabeet en het in Oktober 2017 sy regterbeen verloor as gevolg van gangreen. Hy was ‘n nagskof veiligheidswag toe hy in ‘n geroeste staal-spyker getrap het. Eers was net die voet geamputeer, twee weke later het hy weer ‘n amputasie onder die knie ondergaan, en kort daarna weer ‘n amputasie van sy bobeen.
Tot en met ons kuier, het Petri met ‘n leen-rolstoel klaargekom. Die wiele was al totaal verinneweer, siende dat Manger Care op ‘n growwe terrein gebou is.
Petri het luidkeels gesê, ‘Wow’, en na sy nuwe ryding verwys as ‘n ‘Rolls-Royce’. Hy is baie dankbaar vir al die rolspelers wat die volgende hoofstuk in sy lewe vir hom kan vergemaklik. Hy kon nie wag om te gaan ‘brag’ by die res van die lede van die ‘Wieletjies Kamer’ nie. Petri, ons is saam met jou dankbaar! Veilige myle!