AfriForum begin slaggate rondom Witrivier herstel
Loading player...
AfriForum se Witrivier-tak het vandees maand ‘n slaggatherstelprojek afgeskop. Altesaam 40 sakke teer is gebruik om slaggate in Danie Joubert- en Drakensbergstraat op te vul.
Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê hierdie paaie is nou herstel. Daar is verder ‘n magdom soortgelyke projekte op pad, ook in ander dorpe.
Hy sê in die meeste gevalle word die werk gedoen deur plaaslike vrywilligers wat op hul strukture dien.